ACC wys op onlangse suksesse

Die Teenkorrupsiekommissie se woordvoerder sê korrupsie word nie in Namibië geduld nie.
Augetto Graig
Danksy ondersoeke van die Teenkorrupsiekommissie (ACC) is sedert Maart 2020 vyf mense op klagte van korrupsie skuldig bevind.

Volgens die kommissie se woordvoerder, me. Josephine Nghituwamata, dien dit as 'n duidelike bewys dat geen korrupsie van enige aard in Namibië geduld word nie.

Op 7 Mei is Adelma Seibes, senior administratiewe beampte by die Otjiwarongo-munisipaliteit, skuldig bevind aan die gebruik van 'n vervalste verkoopstransaksie-akte om 'n erf ter waarde van N$234 236 in die dorp te koop. Sy is tot drie jaar tronkstraf gevonnis, waarvan twee jaar vir vier jaar opgeskort is.

Die voormalige vakbondleier Sakeus Taapopi Shikongo is aan die korrupte gebruik van sy amp vir eie gewin skuldig bevind.

Hy is 'n boete van N$20 000 opgelê, waarvan N$5 000 vir drie jaar opgeskort is, of 24 maande tronkstraf waarvan agt maande vir drie jaar opgeskort is, mits hy nie weer aan enige misdaad van oneerlikheid skuldig bevind word nie.

Shikongo is op 9 Julie 2019 in hegtenis geneem nadat hy van die besturende direkteur van Hickory Creek Spur op Swakopmund omkoopgeld van N$2 500 ontvang het om werknemers te oortuig om 'n laer salarisverhoging te aanvaar as waarop hulle aangedring het.

Nghituwamata het ook die skuldigbevinding van Jason Iiyambo uitgewys, wat 'n ACC-beampte probeer omkoop het. Iiyambo is tot 18 maande tronkstraf gevonnis, waarvan nege maande vir vyf jaar opgeskort is.

Die skoolhoof van Swakopmund, Lizetteh Lucas, is skuldig bevind aan die verduistering van geld van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur. Sy moet die geld terugbetaal óf tronkstraf van 36 maande (opgeskort op hierdie voorwaarde) uitdien.

Nog 'n skuldigbevinding aan korrupsie was Jafet Garoeb, wat twee jaar tronkstraf, of 'n boete van N$6 000, opgelê is, sê sy.

“Die Teenkorrupsiekommissie bedank elkeen wat aktief deelneem in die stryd teen korrupsie.

“Dit is elke individu se plig om deel te wees van die geveg en om vermoedelike dade van korrupsie by die kommissie aan te meld sodat die skuldiges voor stok gekry kan word,” sê Nghituwamata.

Die ACC het kantore in Windhoek, Otjiwarongo, Oshakati en Swakopmund, of kan by 0800 222 888 geskakel word, of per e-pos genader word. Volgens Nghituwamata word alle sake ondersoek.


FOTO’s
Die Otjiwarongo-munisipaliteit se gewese senior administratiewe beampte, Adelma Seibes, is aan korrupsie skuldig bevind. Foto ACC

Sakeus Taapopi Shikongo, voormalige vakbondleier, is aan korrupsie skuldig bevind. Foto ACC

Kommentaar

Republikein 2024-09-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Currency: GBP to NAD 23.11 | EUR to NAD 19.45 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.43 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.2 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.82 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.51 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1838.95 Up +1.41% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14184.33 Up +0.68% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 586.91/OZ UP +1.07% | Copper US$ 4.32/lb UP +1.82% | Zinc US$ 2 955.80/T UP 0.43% | Brent Crude Oil US$ 74.82/BBP UP +2.49% | Platinum US$ 984.26/OZ UP +1.72% Sport results: LaLiga: Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Weather: Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.11 | EUR to NAD 19.45 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.43 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.2 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.82 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.51 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1838.95 Up +1.41% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14184.33 Up +0.68% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 586.91/OZ UP +1.07% | Copper US$ 4.32/lb UP +1.82% | Zinc US$ 2 955.80/T UP 0.43% | Brent Crude Oil US$ 74.82/BBP UP +2.49% | Platinum US$ 984.26/OZ UP +1.72%