Ace-boek: Betogers 'ondermyn vryheid van spraak', sê ANC
Die ondersoekende joernalis Pieter-Louis Myburgh sê hoewel niemand hom in persoon gedreig het nie, was die betogers by sy boekbekendstelling in Sandton City meestal dreigend.
Myburgh se boekbekendstelling by Exclusive Books is Dinsdagaand deur 'n groep van ongeveer 50 betogers ontwrig. Die betogers het gedreunsing en eksemplare van die boek, Gangster State, opgeskeur.
Die boek handel oor die beweerde aandeel in staatskaping van Ace Magashule, voormalige Vrystaatse premier.
Myburgh se boek is tans die topverkoperboek in die land en hy sê meer as 10 000 eksemplare is reeds verkoop.
Hy sê die optrede was jammerlik en dit dui daarop dat die ANC weggebreek het van sy intellektuele aard onder die leierskap van mense soos Nelson Mandela en Oliver Tambo.
Eintlik het die betogers aan die polisie voorgeskryf hoe om die situasie te hanteer.
“Dit was 'n organisasie wat 'n intellektuele kern gehad het en met logika gesprekke kon voer,” sê Myburgh.
Hy sê die ANC gee voor hy is steeds 'n intellektuele organisasie, maar 'n mens sien dit nie meer nie – al wat die land sien is mense wat ander dreig en nie bereid is om gesonde kritiek te aanvaar nie.
Die ANC het Dinsdagaand in 'n verklaring die optrede van die betogers skerp veroordeel en die organisasie en Magashule gedistansieer van die optrede.
“Ons beskou die optrede in 'n baie ernstige lig, want dit ondermyn vryheid van spraak,” het Dakota Legoete, waarnemende nasionale woordvoerder, gesê.
Oor die ANC-jeugliga in die Vrystaat se dreigement om die boek te verbrand, sê Myburgh as hulle die boek wettig koop, is hulle geregtig om daarmee te doen wat hulle wil.
Myburgh sou Dinsdagaand as deel van die boekbekendstelling 'n gesprek met die redakteur van City Press, Mondli Makhanya, voer – maar weens die optrede van die betogers het dit nie gebeur nie.
Myburgh sê hy hoop die onafgehandelde gesprek kan nog plaasvind.
Ongeveer 300 mense het die bekendstelling bygewoon.
Nog heelwat bekendstellings vir die boek word beplan en hy hoop daar sal in die toekoms beter veiligheidsmaatreëls wees.
Myburgh sê hy is ook teleurgesteld in die optrede van die polisiediens.
Hy sê die betogers het aan die polisie gesê hulle sal uiteengaan wanneer die gaste by die boekwinkel die sentrum verlaat.
“Eintlik het die betogers aan die polisie voorgeskryf hoe om die situasie te hanteer,” sê hy.– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie