Ace die ‘anomalie’
Sarel van der Walt
Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, is die “anomalie van pres. Cyril Ramaphosa se sukses teen korrupsie”.
So sê die politieke ontleder Theo Venter van die Noordwes-Universiteit se sakeskool.
Hy sê Pieter-Louis Myburgh se onthullende boek Gangster State – Unravelling Ace Magashule’s Web of Capture, “is ’n voorbeeld daarvan”.
Venter sê die ondergang van baie dorpe in die Vrystaat het onder Magashule se toesig plaasgevind.
Nou is die ANC onder sy toesig, en dit is ’n onuithoudbare situasie.
Venter sê die Ramaphosa-faksie het waarskynlik ’n fout gemaak toe hy nie die verkiesing van Magashule bo Senzo Mchunu, ’n voormalige premier van KwaZulu-Natal, betwis het nie.
“Die houding in die Ramaphosa-kamp was toe om Magashule te los ‘en tou te gee om homself op te hang’.
“Dit het nie gebeur nie.
“Hy is nou as sekretaris-generaal in ’n magtige posisie om homself te beskerm,” sê Venter. Hy sê wat Magashule en Supra Mahumapelo, vorige premier van Noordwes en soos Magashule ’n groot ondersteuner van oudpres. Jacob Zuma, gevaarlik maak, is die feit dat hul “vingerafdrukke” nie direk op die ernstige beweringe teen hulle sit nie.
Dit is mense laer af wat nou die prys betaal.
“Daar is nóg ’n hoofstuk wat geskryf kan word en dit is een oor hoe dit moontlik is dat dorpe in die Vrystaat enorme skuld aan Eskom kon opbou terwyl Magashule die premier was.
‘SAMESWERING TEEN ACE’
“Die Maluti-A-Phofung-munispaliteit (waarvan onder meer Harrismith deel is) skuld Eskom byvoorbeeld R2,6 miljard. Hoe is dit moontlik?” sê Venter.
Die politieke ontleder Ralph Mathekga van die Universiteit van Wes-Kaapland sê terwyl hy in die Sondagkoerante die uittreksels uit die boek gelees het, het hy gewonder hoe mense daarop sou reageer.
“Ek was die hoenders in en het besef die boek vermeld meer besonderhede as wat ons verwag het bestaan.
“Ek twyfel of sy (Magashule se) bondgenote in die ANC die boek ernstig sal opneem.
“Hulle sal dit afmaak as ’n sameswering teen Ace.
“Hyself sal sê hy is ’n teiken vanweë sy posisie jeens radikale ekonomiese transformasie. Sy bondgenote sal aanvoer dit is ’n smeerveldtog deur ’n faksie binne die party,” sê Mathekga.
*Dié artikel is ’n geredigeerde uittreksel uit die boek Gangster State: Unravelling Ace Magashule’s Web of Capture deur Pieter-Louis Myburgh. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie