'Ace se Pierneef' terug in Vrystaat
'Ace se Pierneef' terug in Vrystaat

'Ace se Pierneef' terug in Vrystaat

Marietjie Gericke



Die Pierneef-skildery wat Ace Magashule, voormalige Vrystaatse premier en nou sekretaris-­generaal van die ANC, glo aan sy lyfwag gegee het, is terug in die provinsie.

Die Valke het die skildery van tussen R6 miljoen en R8 miljoen Woensdag aan die Vrystaatse ­provinsiale regering teruggegee.

Tiisetso Makhele, ­woordvoerder van die Vrystaatse premier, sê die Valke het die skildery amptelik ­oorhandig.

Dit volg nadat die skildery by die afslaers Strauss & Co. in Johannesburg vir waardering ingehandig is. Dié onderneming het onraad vermoed en die Valke betrek.

Die lyfwag, Ricardo Mettler (41) van Bloemfontein, het vroeër aan Netwerk24 gesê wat gebeur het “was net 'n menslike fout”.

Volgens hom het die skildery in die private besittings van ­Magashule beland toe hy sy kantoor ontruim het. Magashule het dit agterna aan hom gegee.

Makhele sê die Vrystaatse regering is baie bly om die skildery terug te kon kry.

Die Valke het die skildery formeel aan die direkteur-generaal van die provinsiale regering, Kopung Ralikontsane, en die adjunk direkteur-generaal van ­korporatiewe ­administrasie en koördinasie, Bertus Venter, oorhandig.



REGERING SE EIENDOM

Makhele het bevestig dat die skildery wat vermis geraak het, inderdaad die provinsiale regering se eiendom is. Dit is voor 1994 aan­gekoop om te verseker dat dit moont­lik vir die mense van die Vrystaat sou wees om die skoonheid van dié wonderlike kunswerk te geniet.

Makhele sê in 'n mediaverklaring die provinsiale regering is inderdaad baie bly dat die skildery terug is.

“Soos wat ons in 'n vorige verklaring gesê het, sal ons voortgaan om met die ­wetstoepassingsagentskappe saam te werk om die saak tot sy logiese einde te bring.”

“Dit is ons siening dat die reg sy gang moet gaan en dat diegene wat hulle aan die verkeerde kant van die wet bevind, daarvoor gestraf moet word,” het Ralikontsane gesê.

Kapt. Ramovha Lloyd van die Valke het Woensdagaand gesê daar is nog geen nuwe ontwikkelings in die ­ondersoek nie. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!