Ace wil kommersiële kuddes met sy Brahmane verbeter
Komboro lewer raskampioenkoei op
"Ek glo my vroulike diere is die grondslag van my kudde. Jy kan eers goeie bulle teel wanneer jou vroulike diere goed is." Ace Kavari Brahmaan-teler
Ronelle Rademeyer - Ace Kavari het sy rooi Brahmanstoet, Komboro Brahmane, in 2005 geregistreer en beskik nou oor 110 geregistreerde vroulike diere.
Hy boer op kommunale grond by Epukiro.
Sy mikpunt is om diere te teel wat goed aangepas is by die omstandighede in die Ooste van die land. Verder wil hy diere teel wat deur ander boere gebruik kan word om hulle kommersiële kuddes te verbeter.
"Ek glo my vroulike diere is die grondslag van my kudde. Jy kan eers goeie bulle teel wanneer jou vroulike diere goed is," glo hy.
Optimale vleisproduksie is vir hom belangrik, en hy fokus op dié eienskappe in sy kudde. Hy het al bulle aan boere dwarsoor Namibië en selfs in Botswana verkoop.
In sy kommersiële kudde boer hy met Simmentaler-Brahmaan-kruisings.
Ace sê hy het 'n goeie opbrengs op sy 4 000 ha grond aangesien weiding in die gebied goed is. "Die enigste las waarmee ons sit, is dit daar baie gifblaar voorkom."

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie