Ackers op hete kole oor hy nie kan vlieg
Ackers op hete kole oor hy nie kan vlieg

Ackers op hete kole oor hy nie kan vlieg

Rugby
Hendrik Cronjé – Johan Ackermann sit steeds gestrand in Suid-Afrika en het geen idee wanneer hy hom by sy nuwe rugbyspan in Japan, die NTT Docomo Red Hurricanes, sal aansluit nie.
Sy kontrak het op 1 Julie begin. Sy aanvanklike beplanning was om voor 13 Julie in Japan te wees, aangesien sy span se oefeninge op 15 Julie sou afskop.
Weens Japan se streng Covid-19-beperkinge wag Ackermann, asook twee van sy hulpafrigters, Rory Duncan en Neil de Bruin, en drie spelers, Makazole Mapimpi, Tyler Paul en Ruan Vermaak, om te hoor wanneer hulle Japan toe sal kan vlieg.
Hulle het nog nie hul visumaansoeke gedoen nie aangesien die Japanse ambassade nog gesluit is.
“Dis is baie frustrerend,” sê Ackermann aan Rapport.
“Dis nie asof ’n ou in jou tweede of derde jaar by die klub is nie. Jy het elke dag nodig en mis die tyd.
“Dis nou in die Here se hande. Ons het nog nie eens ’n visum nie. Daar is vlugte beskikbaar om in Japan te kom, maar ons sal nie daar kan inkom totdat die Japannese nie oopmaak nie.
“ ’n Ou sal regtig so gou as moontlik daar wil inval. Hopelik gee hul voorkeur aan die mense wat daar moet gaan werk en nie net wil vakansie hou nie.”
Die 50-jarige Ackermann, wat tot vroeër vanjaar die Engelse klubspan Gloucester afgerig het, se Japanse pos hou ook vir hom die nuwe uitdaging van ’n tolk in om sy boodskap by die spelers te kry.
“ ’n Mens het juis nou agtergekom met Zoom-vergaderings dat dit (gesprekke) nogal lank kan word.
“Dit gaan maar ’n aanpassing vir die spelers wees, want nuwe dinge moet geleer word.
“Ons het een Japanse afrigter wat Engels verstaan. Op die oomblik het ons net beperkte oefeninge. Hulle oefen tans net in groepe van drie en drie keer ’n week.
“Ons het al so een of twee voorspeler- en verdediging-vergaderings op Zoom gehad. ’n Ou hoop en glo die tegniese punte word reg oorgedra.
“Ons wys onder meer video-uittreksels en hou dit so eenvoudig moontlik sodat ’n mens nie als moet verander as jy daar aankom nie.”
Die klub moes ook vir vyf weke sluit omdat een van sy gekontrakteerde spelers positief vir die koronavirus getoets is.
– Netwerk24, Rapport

Kommentaar

Republikein 2025-01-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 18° | 23° Oshakati: 21° | 24° Ruacana: 21° | 26° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 15° | 25° Omaruru: 18° | 28° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 19° | 29° Mariental: 22° | 31° Keetmanshoop: 25° | 36° Aranos: 23° | 33° Lüderitz: 17° | 24° Ariamsvlei: 28° | 39° Oranjemund: 16° | 24° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 22° | 31° Lubumbashi: 17° | 22° Mbabane: 18° | 30° Maseru: 19° | 32° Antananarivo: 15° | 30° Lilongwe: 19° | 26° Maputo: 23° | 35° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 19° | 24° Durban: 22° | 30° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 18° | 24° Harare: 17° | 24° #REF! #REF!