Ackers se klub betaal vir tatoeëermerke

Rugby
Die Gloucester-rugbyklub, wat deur die Suid-Afrikaner Johan Ackermann afgerig word, het onlangs hul nuwe wapen bekendgestel en is bereid om ondersteuners se kostes te delg as hulle hul tatoeëermerke van die ou wapen wil laat opdateer.

“Ons besef dat almal nie ten gunste van verandering is nie, maar as ondersteuners die tyd, energie en toewyding gewys het om ons wapen op hul liggame aan te bring, is dié vergoeding die minste wat ons kan doen om hulle tegemoet te kom,” sê Stephen Vaughan, die klub se uitvoerende hoof.

“Ons sal die koste van die tatoeëermerk dek as hulle die nuwe wapen as 'n tatoeëermerk wil laat aanbring.”

Ackermann se seun, Ruan, speel vir Gloucester, met die Springbokflank Jaco Kriel en Engelse­ ­losskakel Danny Cipriani wat ook onlangs kontrakte met die klub vir die 2018-2019 seisoen gesluit het.

Gloucester het in 2007 ook sy klub se wapen verander.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!