Acsa voel die turbulensie
Acsa voel die turbulensie

Acsa voel die turbulensie

Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) se effekte is gister met een vlak afgegradeer, maar bly net-net op beleggingsgraad.

Moody's Investors Service het die staatsonderneming afgegradeer en die vooruitsig vir die gradering op ­negatief gehou.

Dit is op dieselfde vlak as Suid­-Afrika se staatskuld.

Die beslissing oor die gradering van Transnet en Eskom word binnekort verwag.

Dit is standaard dat staatsondernemings, banke en versekeraars afgegradeer word wanneer staatskuld afgegradeer word.

Al vyf Suid-Afrika se groot banke, Standard Bank, FirstRand, Absa, Nedbank en Investec, is Maandagaand afgegradeer, asook die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap en tien munisipaliteite.

Wat Acsa betref, sê Moody's dit sou onhoudbaar wees om die maatskappye, wat grootliks deur die staat besit word, hoër as staatskuld te gradeer. Die regering besig 75,4% van Acsa en het daarom 'n groot invloed op beleid.

Die firma is ook blootgestel aan die swak plaaslike ekonomie.

Aan die positiewe kant lig Moody's uit dat Acsa 'n sterk “monopolistiese posisie” in lugvervoer in Suid-Afrika­ het en ook dat sy lughawens voor die 2010-Wêreldbekersokkertoernooi opgegradeer is.

Acsa se blootstelling aan vlugte van die Suid-Afrikaanse Lugdiens tel teen hom. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!