Adj.pres. Mabuza word nie as LP beu00ebdig
Adj.pres. Mabuza word nie as LP beu00ebdig

Adj.pres. Mabuza word nie as LP beëdig

Llewellyn Prince



Adj.pres. David Mabuza sou nie Woensdag as 'n lid van die parlement (LP) ingelyf word nie, omdat hy eers beweringe teen hom wil opklaar.

Pres. Cyril Ramaphosa se kantoor het Woensdagoggend aangekondig dat hy 'n versoek van Mabuza, wat ook ANC-adjunkpresident is, ontvang het om sy inlywing as LP uit te stel.

Ramaphosa het dit goedgekeur.

“Die adjunkpresident het die versoek gemaak in die lig van 'n verslag van die ANC se integriteitskomitee waarin dit beweer word dat hy glo die integriteit van die ANC bevooroordeel en die organisasie in oneer gebring het.

“Die adjunkpresident het aangedui dat hy eers 'n geleentheid wil hê om die integriteitskomitee oor hierdie beweringe toe te spreek.

“Intussen het hy besluit om egter sy gewete te volg deur sy inlywing as LP van die Nasionale Vergadering uit respek vir die ANC se instellings en prosesse uit te stel.

“Die adjunkpresident glo dat die ANC as regerende party die ­verkiesingsmandaat moet bevorder in 'n omgewing van openbare vertroue.

“Die ANC loof Mabuza vir die posisie wat hy ingeneem het en ek persoonlik verwelkom sy besluit om die belange van die ANC eerste te stel,” het ­Ramaphosa in 'n kort verklaring gesê.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!