Adjunkminister se raad: Sluit by SDFN aan
Die Shack Dwellers Federation of Namibia poog om voortdurend die lewens van sy lede te verbeter deur behuising te verskaf, een baksteen op 'n slag.
Tuyeimo Haidula op Ongwediva
Die adjunkminister van stedelike en landelike ontwikkeling, me. Natalia /Goagoses, het lae-inkomsteverdieners wat in plakkershutte of gehuurde kamers woon, asook dié sonder huisvesting, aangemoedig om by die Shack Dwellers Federation of Namibia (SDFN) aan te sluit om spaarskemas van stapel te stuur om uiteindelik hul woonomstandighede te verbeter.
/Goagoses het Vrydag 'n toespraak gelewer tydens die sooispitseremonie vir die SDFN-behuisingsprojek wat die bou van 21 huise by die Sky-nedersetting op Ongwediva behels.
Die SDFN poog om voortdurend die lewens van sy lede te verbeter deur behuising, een baksteen op 'n slag, te verskaf.
Teen Mei vanjaar is 6 700 huise landswyd danksy dié program gebou.
Die program het aansienlik gegroei sedert die stigting in 2001. Dit maak voorsiening vir ongeveer 27 000 lede wat aan verskillende spaarskemas oraloor die land behoort. Lede maak maandeliks nominale bydraes van tussen N$360 en N$1 000, afhangend van bekostigbaarheid. Hulle betaal ook 'n eenmalige aansluitingsfooi van N$800. Die meeste lede is diegene wat minder as N$5 000 verdien, maar die SDFN het verskillende spaarskemas vir verskillende inkomstegroepe.
Die organisasie het tans 851 spaarskemas wat meer as N$31,3 miljoen gespaar en landswyd meer as 6 700 huise gebou het.
/Goagoses het gesê die werk wat reeds deur al dié lede gedoen is, dien as bewys van hul toewyding om die behuisingsagterstand in die land die hoof te bied.
“Die SDFN se benadering tot toeganklike behuising is uniek en die moeite werd om te ondersteun, en dié is 'n voorbeeld van die gemeenskap wat self optree om in sy eie ontwikkelingsbehoeftes te voorsien,” het sy bygevoeg.
Volgens /Goagoses moet Namibiërs die SDFN se voorbeeld volg en nie net met bak hande vir die regering wag nie.
“Ons mede-Namibiërs wat in plakkershutte woon, kom voor uitdagings te staan, soos 'n gebrek aan veilige drinkwater en elektrisiteit, 'n gebrek aan persoonlike en eiendomsekuriteit, swak sanitasie en in sommige gevalle die totale afwesigheid van dié basiese noodsaaklikheid. Aan die een kant loop hulle 'n hoë risiko om siektes te kry. Neem eienaarskap, dra die minimum by en wees geduldig totdat dit jou beurt is. Die regering kan dit nie alleen doen nie,” het sy gesê.
Die huise by die Sky-nedersetting sal gebou word met die hulp van Ohorongo Cement, die Pupkewitz-stigting en RMB Namibia.
'n Lid van die SDFN, mnr. Kysselam Iipinge, het in Januarie vanjaar by 'n spaarskema aangesluit en sal nou een van die 21 begunstigdes wees.
Iipinge het gesê in die Oshanastreek het die organisasie meer as 450 huise op Oshakati, Ondangwa en Ongwediva gebou. Die streek het meer as 57 groepe met 1 064 lede wat al meer as N$2,4 miljoen gespaar het.
Hy sê verder die SDFN het in 1999 met slegs een spaarskema op Ongwediva begin wat intussen tot agt spaarskemas met 319 lede gegroei het.
“Die bou van huise behels dat lede van die SDFN hul eie bakstene maak en die fondasie self grawe. Dit help ons om boukoste te verminder en eerder dié geld te spaar,” het Iipinge gesê.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie