Adjunkminister van finansies by blik OBK-wurms betrek
Hanlie Stadler – Mondli Gungubele, adjunkminister van finansies, word nou betrek by ’n forensiese ondersoek oor beweerde korrupsie by die Openbare Beleggingskorpoasie (OBK).
Die OBK het Woensdagoggend in ’n verklaring gesê hy gaan ’n forensiese ondersoek doen na die bewerings van ’n anonieme fluitjieblaser wat homself James Noko noem.
Noko, ’n skuilnaam, het in ’n e-pos in ’n e-pos aan Tito Mboweni, minister van finansies, drie OBK-direkteure van korrupsie aangekla, het die OBK Woensdagoggend in ’n verklaring gesê.
Een van hulle is Matshepo More, waarnemende uitvoerende hoof en finansiële hoof.
Die ander een is volgens Business Day Sibusisiwe Zulu, ’n nie-uitvoerende direkteur.
Dit blyk egter nou uit die OBK-verklaring dat Gungubele, voorsitter van die direksie, ook betrek word. Hoewel sy naam nie genoem word nie, sê die verklaring dr. Xolani Mkhwanazi, adjunkvoorsitter, het die spesiale direksievergadering oor die aangeleentheid gelei nadat “drie geraakte direkteure hulself verskoon het”.
Die forensiese ondersoek gaan deur ’n senior advokaat gelei word, wat nog nie aangestel is nie.
Die OBK het nog nie navrae beantwoord oor of en hoe Gungubele betrek word nie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie