Advertensies oor grond krap Rehobothers om
Grondlose inwoners beplan 'n betoging om groter bewustheid oor hul griewe te skep.
Augetto Graig - Inwoners van Rehoboth is omgekrap oor die jongste munisipale advertensies vir grond te koop in die dorp se Blok A, B, C en G, uitbreidings 1, 2 en 3.
Gemeenskapslede het Saterdag by Burgershoek in die Kavukiland-nedersetting byeengekom om onder leiding van die amptelike opposisieparty, die Popular Democratic Movement (PDM), hul griewe te lug.
Volgens die PDM-mobiliseerder en -organiseerder vir die Hardapstreek, mnr. Lukas de Klerk, was sowat 250 Rehoboth-inwoners teenwoordig.
Inwoners is ontsteld oor die munisipaliteit wat op 28 September die erwe te koop geadverteer het. Slegs twee voorwaardes is aan die verkoop van die erwe geheg: Dit moet eerste-keer-kopers wees en die grond mag vir 'n bepaalde tydperk nie weer verkoop word nie. Erfpryse wissel vanaf N$17 000 tot N$25 000 en meer.
Volgens De Klerk is die aanbod nie beperk tot inwoners van die dorp nie, en is die kriteria vir toekenning ook nie bekend nie.
Dit lei tot talle aansoeke vir dieselfde erf, sonder enige versekering aan wie die grond uiteindelik toegeken sal word - die eerste aansoeker, die koper wat die meeste betaal, die kontantbetaler of die mees behoeftige koper.
Boonop weet baie minderbevoorregte Rehoboth-inwoners wat desperaat grond nodig net, nie hoe om aansoek te doen nie. Volgens De Klerk skep dit geleenthede vir ryk mense om die erwe te koop, of om iemand te kry wat dit namens hulle doen.
Wat nog erger is, sê hy, is dat van die erwe reeds langs inwoners se name gelys is. “Van die erwe wat geadverteer is, behoort reeds aan mense wat daar woon, al is dit nie op aktes nie. Wat word van hulle? Hoekom kry hulle nie voorkeur nie?” vra hy. “Daar moet behoorlike konsultasie met die gemeenskap gedoen word.”
Nog 'n kwessie is die sogenaamde burger-erwe. “Hoekom is die helfte van die erwe nie aan gemeenskapslede gebied wat burgergoedkeuring het, maar nie grond besit nie,” vra De Klerk.
Die gemeenskap is ook diep ongelukkig oor munisipale planne om erwe agter die dorp se begraafplaas na aan die riooldamme in Blok H uit te sit. Mense wat tans op Burgershoek bly, sal glo daarheen verskuif word.
Volgens De Klerk is die gebied nie net onhigiënies en gevaarlik nie, maar ook ver van die dorp se hospitaal, polisiekantoor en ander geriewe. “Is dit geskik?” vra hy. “Ons sal nié ge-'dump' word by 'n onveilige plek nie.”
Tydens die gemeenskapsvergadering is 'n klagskrif opgestel wat ná 'n optog Donderdag of Vrydag, aan me. Nathalia Goagoses oorhandig sal word. Sy is die tussentydse dorpsbestuurder wat die regering aangewys het.
Volgens De Klerk moet die optog eers gehou word om bewusmaking oor die ongelukkigheid te doen. “As ons dit net aan haar afgee, sal dit net weer 'n stille dood sterf. Ons wil hê die buitewêreld moet weet en sien wat hier aangaan.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie