Affies en Pro-Ed maak vir oulaas golwe
Vier wedstryde sluit môre die ligafase af van die landwye o.19-skouspel wat vanjaar opnuut die verbeelding aangegryp het.
Tielman van Lill - Die bepalende laaste naweek het aangebreek waar vasgestel sal word watter vyf van die nege rugbyskole in die Momentum o.19 premierliga sal deurdring om in die Superliga-fase se uitklopwedstryde betrokke te wees.
Spanne nommer vier en vyf sal op die naweek van die kwarteindstryde (26-27 Julie) uitspeel om een plek in die semifinaal, terwyl die topdrie op die puntelys se plekke in die halfeindronde reeds bespreek sal wees.
Namib Diesel Walvisbaai se verrassende nederlaag Woensdag met twee punte teen PSG Pro-Ed Akademie (22-24) het eersgenoemde nou onder 'n bietjie meer druk geplaas om môre behoorlik af te sluit wanneer hy op sy tuisveld teen Pupkewitz Haval Elnatan afsluit.
KMC/JCC Windhoek Afrikaanse Privaatskool, die heersende titelhouer, het Woensdag ook sy posisie met 'n waardevolle oorwinning teen Samsung WHS verstewig wat sy buitekans lewendig hou om dalk selfs boaan die liga klaar te maak.
In die sege met 32-24 by die FNB Vegkopstadion van Windhoek Hoërskool het die Samsung Koedoebulle hulle behoorlik teen Affies vasgeloop, hoewel die besoekers rustyd met net 13-12 voor was.
WHS het eerste met 'n drie deur regtervleuel Patrick Karsten punte aangeteken voordat Affies se Keanu Engelbrecht eers met 'n strafskop en toe 'n doelskop van die slot Marius Wessels se drie antwoord om ná 21 minute met 5-10 voor te loop.
Met agt minute oor slaan WHS se skrumskakel Tyreese de Wee hard terug in die hoekie om die telling saam met Beukes se doelskop met 12-10 terug in hul guns te swaai. Ongelukkig werk die skeidsregter mnr. Zaid Izaacs se fluitjie oortyd en gee Engelbrecht geleentheid om vir Affies nog drie punte te behaal (12-13).
In die tweede helfte dien Affies se agtsteman, Bernhardt Wessels, die doodskoot toe met twee vyfpunters wat sy span met 12-25 voor plaas.
Net toe dit wou lyk of die Koedoebulle nie die geel golf kan keer nie, plant haker JC Rossouw en slot Erik Strauss elkeen 'n drie wat beide deur Beukes verdoel word om WHS tot 24-25 nader te laat kruip.
Met 'n skrale twee minute speeltyd oor, val die gasheerspan verwoed aan, maar Affies bly koelkop en verseël die oorwinning met die laaste verdoelde drie deur Engelbrecht self, om Affies sy sesde oorwinning in dié kompetisie te besorg.
WHS, wat die strafskoptelling met 6-16 verloor het, se dissipline kos hom waarskynlik die wedstryd, want Engelbrecht het sy skopstewels aan om ook drie van sy span se vier drieë te verdoel, tesame met twee strafdoele.
Geraldo Beukes, heelagter van WHS, korrel by ses geleenthede (vier doel- en twee strafskoppe) pale toe, maar slaag net met twee doelskoppe.
KUSSTRYD
In Swakopmund slaag Pro-Ed Akademie daarin om die besoekende Naartjies van Walvisbaai Privaat Hoërskool met 24-22 te verras.
Beide spanne druk drie drieë, maar die gasheer beklink drie suksesvolle doelskoppe en 'n strafskop om sy vierde Momentum o.19-premierligabotsing in te palm.
Vir Pro-Ed gaan druk losskakel Godwin Silvanus (2) en buitesenter Donell Gonteb. Silvanus rond sy bydrae met twee suksesvolle doel- en 'n strafskop af, terwyl skrumskakel Nathan Isaacs die derde doelskop suksesvol behartig. Walvisbaai se drieë kom van linkervleuel Curyn Blizzard, haker Luaan Karsten en agtsteman Victor van der Watt. Scott Winborn slaag met twee doelskoppe en 'n strafskop.
VOORUITSIGTE
Die Leeutrop van die Schoemans-groep Windhoek Gimnasium het laas naweek reeds sy laaste wedstryd van die groepfase teen OK Foods Moria se eerste span gespeel.
Die Leeus, wat ses uit agt gewen het, kan dus môre rustig sit en kyk hoe die WHS Koedoebulle by Vegkop vir Tsumeb Gimnasium hanteer (11:20), óf hulle kan by Affiespark in Pionierspark 'n draai maak waar Windhoek Affies sy spiere teen Pro-Ed Akademie van Swakopmund sal wil bult (11:20).
By die kus draf die Naartjies van Namib Diesel Walvisbaai Privaatskool teen Pupkewitz Haval Elnatan van Stampriet op die veld (11:00) en De Duine Hoërskool van Walvisbaai besoek Outjo vir sy laaste verpligting teen Moria (12:20).
Tsumeb Gimnasium se afrigter, Wouter Niehaus, sê sy span is in die bevoorregte posisie dat môre se uitslag teen WHS op Vegkop nie die stand van sake sal verander dat hulle in die topposisie sal eindig nie.
“Ons kan dus die wedstryd begin deur vir van ons reserwespelers speelkans te gee, want jy weet nooit wanneer hy in die uitklopwedstryde op hul knoppie moet druk nie.”
Affies se afrigter, Johan Zaayman, sê: “Die kompetisie is ongelooflik taai en gelykop vanjaar. Daar het Pro-Ed dit nou weer bewys toe hulle vir Walvisbaai geklop het.
“Ons verwag vir seker 'n hewige stryd, want al het Pro-Ed net 'n geringe kans om nog vyfde te eindig (behalwe as Elnatan ook sy wegwedstryd teen Walvisbaai wen), is hulle nie 'n span vir wie jy kan onderskat nie. In hierdie stadium van die seisoen speel beserings ook altyd 'n rol.”
SPANLYSTE
Tsumeb Gimnasium: 15 Lister Cochrane, 14 Jandré Hayward, 13 SJ Louw, 12 Benjamin Boshoff, 11 Zander du Plessis, 10 Bothma Keyser, 9 Christin Stehle, 8 WJ Otto (kaptein), 7 Pieter Daan Kok, 6 Andries Steenkamp, 5 IJ Grobbelaar, 4 Ruan Pienaar, 3 Thinus van Wyk, 2 Frikkie Engelbrecht, 1 Bernd Beddies.
Windhoek Affies: 15 Jeandre Loubser, 14 Andre Siepker, 13 Jonathan Hanekom, 12 Christo Liebenberg, 11 Arthur Lewies, 10 Keanu Engelbrecht, 9 Louis Karsten, 8 Bernhardt Wessels, 7 De Wet Oosthuizen (kaptein), 6 Kobus Wilders, 5 Marius Wessels, 4 Adriaan Kotze, 3 Johan Brockman, 2 Benno von Wielligh, 1 Ernst Lowe.
Pro-Ed Akademie: 15 Keanu Jephthah, 14 Kyle Saunders, 13 Donell Gonteb, 12 Michael Tjezerua, 11 Shane Krige, 10 Godwin Silvanus, 9 Nathan Isaacs, 8 Marco Malan, 7 Pierre Nel, 6 Jurian Rabie, 5 Samar van der Merwe, 4 Riaan Robberts, 3 Kian Beyer (kaptein), 2 Gregory Namaseb, 1 Kyle Cowley.
Walvisbaai PHS: 15 Scott Winborn, 14 Ethan Hendricks, 13 Drian Derks, 12 Dian Neethling, 11 Curyn Blizzard, 10 Eli Engelbrecht, 9 Johan van der Merwe, 8 Victor van der Watt (kaptein), 7 Roelof van Niekerk, 6 Divan van Vreden, 5 Brand Davids, 4 Niel Brand, 3 Etienne Beukes, 2 Luaan Kaarsten, 1 Jano Otto.
Elnatan: 15 Christoff Meyer, 14 Hugo Truter, 13 Marnes Garbers, 12 Corné Esterhuyzen (kaptein), 11 Georg Nieuwoudt, 10 André van Schalkwyk, 9 SW Janse van Rensburg, 8 DP de Jager, 7 Hennie Nell, 6 Jan-Hendrik Duvenhage, 5 Rudi Liebenberg, 4 Schalk van der Merwe, 3 Hennie Vermeulen, 2 JP Waldeck, 1 Eben Roberts.
• Die huidige puntestand van die Momentum o.19 premierliga (almal ná sewe wedstryde, behalwe Windhoek Gim met agt wedstryde):
1 Tsumeb Gimnasium (63), 2 Windhoek Gimnasium (60), 3 Windhoek Affies (56), 4 WHS (50), 5 Walvisbaai (41), 6 Pro-Ed Akademie (38), 7 Moria (31), 8 Elnatan (27), 9 De Duine (22)
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie