Affies, Gimmies bly op WHS se spoor
Affies, Gimmies bly op WHS se spoor

Affies, Gimmies bly op WHS se spoor

Walvisbaai het Saterdag met die seldsame telling van 68-50 op Vegkop verloor.
Andrew Poolman
Andrew Poolman



Windhoek Affies se eerste rugbyspan bevind hom in die tweede posisie op die puntelys van die Momentum o.19 premierliga en is goed op koers om verlede jaar se deurbraak te ewenaar, toe hy vir die eerste keer in die Superliga-eindstryd gespeel het.

Affies, geborg deur JCC/KMC en onder afrigterskap van Johan Zaayman en Herman Lintvelt, se 46 ligapunte sover word net deur die onoorwonne voorloper en verdedigende kampioenspan Samsung Windhoek Hoërskool oortref.

Vir die res van Juliemaand skuif die premierliga ietwat op die agtergrond met net 'n paar groterige ontmoetings wat oorbly, terwyl die fokus op die Namibiese toerspanne se prestasies is wat aan die o.18 Cravenweek, o.18 Akademieweek en o.16 Grant Khomo-week deelneem.

Laas Woensdag het Affies 'n reuse­telling van 75-20 teen die tweede span van Windhoek Gimnasium opgestapel. Die heelagter Herman Steyn het drie drieë gedruk en die agtsteman Bernhardt Wessels twee, met verdere drieë van die senter Christiaan Celliers, slot Frans Oosthuizen, losskakel Johan Zaayman junior, skrum­skakel Danie van der Merwe junior en vleuel Handion Morkel.

Die skopskoen van binnesenter Gerswin Mouton het met tien doel­skoppe raak gekorrel.

• Saterdag het Windhoek Hoërskool op sy tuisstadion Vegkop aan die regte kant van 'n bykans ongelooflike eindtelling van 68-50 geëindig toe die Walvisbaai Privaat Hoërskool hom kom uitdaag het.

Die blou truie was rustyd reeds met 47-10 voor. 'n Tydjie later is spelers vanaf die reserwebank begin opstuur om lede van die Cravenweekspan te vervang en Walvisbaai het hieruit munt geslaan met 'n sterk terugvegpoging.

Was daar dalk nog 'n paar ekstra minute, is dit nie ondenkbaar dat die kusspan dalk selfs die knoop kon deurgehaak het nie.

Vir WHS het sy linkervleuel Warren Ludwig, buitesenter Elmarco Beukes en skrumskakel Jacques Theron elkeen twee drieë gedruk, met nog een drie elk vir slot Christiaan Hennig, agtsteman en kaptein Oderich Mouton en heelagter Delron Brandt. Daar was ook 'n strafdrie, met die outomatiese doelskop, terwyl Brandt (7) en Theron doelskoppe deur die pale gejaag het.

Walvisbaai het drieë deur Randall Maasdorp, Patrick Schickerling, Devon Langenhoven, Uttomanie Mornagie, Ethan Theart (2) en Gilad Plaatjies behaal. Met een strafdoel en ses doelskoppe was skrumskakel Juvan Pitout 15 punte werd.

• Supersand Elnatan en Ricoh Windhoek Gimnasium het vanjaar beide jongerige spanne en was op Stampriet in 'n harde wedstryd betrokke voordat die Windhoekers met 'n oorwinning van 34-27 weggekom het.

Elnatan, wat rustyd met 12-10 agter was, se drieë is deur GJ van der Merwe, Le Roux Booysen, CJ Agenbach en Corné Esterhuyzen gedruk. Laasgenoemde was ook met twee doelskoppe en 'n strafdoel in die kol.

Vir Windhoek Gimnasium het Nico Horn (twee), Armand Kotze, Gerhard Opperman en Léan Mostert drieë gedruk, terwyl Denzo Bruwer se bydrae drie doelskoppe en 'n strafdoel was.

• Volgens Republikein se inligting staan die huidige puntestand tans soos volg:

1 WHS eerste span, 54 punte ná ses wedstryde

2 Windhoek Affies I, 46 punte ná ses wedstryde

3 Windhoek Gimnasium I, 39 punte ná vyf wedstryde

4 Tsumeb Gimnasium I, 31 punte ná vyf wedstryde

5 Walvisbaai I, 28 punte ná vyf wedstryde

6 WHS tweede span, 21 punte ná vyf wedstryde

7 Elnatan I, 9 punte ná vyf wedstryde

8 Windhoek Gimnasium II, 9 punte ná drie wedstryde.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!