Affies in hul droomfinaal teen WHS
Skolerugby
Andrew Poolman - Eindstryde en semifinale van die Momentum onder 19 Superliga het al dikwels tevore groot skokke opgelewer wanneer spanne wat as “kleintjies” gereken is die gunstelinge onttroon het.
Môre se finaal tussen Samsung Windhoek Hoërskool en Officecomics Windhoek Affies is beslis so ’n geleentheid waar daar sekerlik net een wenner kan wees wanneer die spanne op papier opgeweeg word.
Affies bevind hulle reeds verreweg in die hoogste eindposisie wat dié skool nog op die rugbyveld kon beklee. Nadat hulle tevore nie hoër as sesde in die premierliga kon klaarmaak nie (wenners van die A-liga), het hulle vanjaar vyfde geëindig. Dit het hulle in ’n kwarteindstryd teen die vierde geplaaste Namib Diesel Walvisbaai geplaas, vir wie hulle met redelike oortuiging uitgeskakel het.
In laas naweek se semifinaal teen Supersand Elnatan het die Gimmies nog ’n agterstand gehad toe die laaste toeter blaas. Met die laaste beweging het hul invloedryke losskakel Gerswin Mouton egter die wendrie gaan druk om die oorwinning met 30-27 te beklink.
Onder afrigterskap van Johan Zaayman en Herman Lintvelt (twee Wêreldbeker-spanmaats van 1999) wil dit voorkom asof die WAP dalk nou op die regte tyd van hul beste rugby speel.
In WAP se verloorwedstryde vanjaar was dit ’n neiging dat hulle in die tweede helftes erg uitgesak het – maar as hul vasbyt van die laaste twee naweke voortgesit word, kan hul grootste droomseisoen dalk net werklikheid word.
Windhoek Hoërskool het ’n tradisie van goeie vertonings in eindstryde – indien hulle eers só ver gevorder het, was Elnatan in 2006 die enigste opponent in hierdie eeu wat dit kon regkry om die bloues te stuit.
Henry Kemp, Jan Dames en Ben Calitz het op sigself vanjaar ’n indrukwekkende regrukpoging met die Koedoebulle reggekry.
Dit was Kemp se eerste seisoen as hoofafrigter nadat hy juis vanaf die einste Windhoek Affies aangesluit het en dit was duidelik ’n baie doeltreffende skuif.
Dit is seker nie nodig om baie verder as laas naweek se oorwinning in die semifinaal teen Ricoh Windhoek Gimnasium te kyk om te weet waartoe die WHS-span in staat is nie. Dit was immers die derde keer vanjaar dat hulle met die verdedigende kampioenspan van 2015 afgereken het.
WHS het nie minder nie as agt spelers in sy beginspan wat vanjaar by die Cravenweek gespeel het. Nog drie was by die Akademieweek in aksie – van wie een die blink jong losskakel Delron Brandt is, wat met sy skopstewel ’n wedstryd kan dikteer soos min ander.
Aan die kant van Affies was losskakel Mouton en stut André Rademeyer sy verteenwoordigers by die Cravenweek in Durban.
Affies se beste vertonings vanjaar was ironies genoeg juis teen die enigste twee spanne teen wie WHS vanjaar gesukkel het. Die bloues se enigste nederlaag was in ’n wegwedstryd teen Walvisbaai, terwyl hulle ook teen Elnatan op Stampriet gelykop gespeel het.
Die naweek se spanne vir die o.19 Superliga, asook vir die o.19A-ligafinaal is soos volg:
OFFICECOMICS WINDHOEK AFFIES I: 15 Handeon Morkel, 14 Gerweino Benadé, 13 Tobie van Zyl , 12 Snyman van der Walt, 11 Gianni Platt, 10 Gerswin Mouton, 9 Jay-C Olivier (o.kapt), 8 Stefan Hattingh (kapt), 7 Christiaan Heunis, 6 Bernard Wessels, 5 Frans Oosthuizen, 4 Louis Boshoff, 3 Jurgen-Leigh Human, 2 Guillaume Snyders, 1 André Rademeyer.
Reserwes: Marthinus Smit, Jacobus du Plessis, De Wet Oosthuizen, Roelof Theron, Christiaan Celliers, Danie van der Merwe, Herman Steyn, Johan Zaayman.
SAMSUNG WHS I: 15 André van der Berg (o.kapt), 14 Elmarco Beukes, 13 Handré Klazinga, 12 Justin Muir, 11 Warren Ludwig, 10 Delron Brandt, 9 Duan Fourie, 8 Oderich Mouton , 7 JD Nel, 6 Prince !Goaseb, 5 Luandro Erasmus, 4 Rainer Augustyn (kapt), 3 Andries Jacobs, 2 JT Basson, 1 Chris Swanepoel.
Reserwes: Gerhard Thirion, Wander Augustyn, John-Harris Klazen, Christiaan Hennig, Kyle Ducie, Jacques Theron, Isaiah Muhinda, Damien Muller.
WHS tweede span: 15 Damian Müller (kapt), 14 Marco Schäfer, 13 Isaiah Muhinda, 12 Jacobus Kruger, 11 Petrus Howeseb, 10 Wilhelm Schultz, 9 Jacques Theron, 8 Romario Janga, 7 Ignacio Feris, 6 Kyle Ducie, 5 Adriaan Venter, 4 Christiaan Hennig, 3 John-Harris Klazen (o.kapt), 2 Gerhard Thirion, 1 Franco Pretorius.
Reserwes: Daniël Kotze, Walther Barnard, Nolito Beukes, Ruan du Toit, Damian Engelbrecht, Jiaan Beukes, Donovan Resandt, Gert Stoman. Afrigters: Riaan Steyn en Jurie van Tonder.
WINDHOEK GIMNASIUM tweede span: 15 Ruben Lambrechts, 14 Marcellino van Rooi, 13 Henry Oliver, 12 Nico Horn (kapt), 11 Gino Brockerhoff, 10 Keanonn Kolz, 9 Tertius Lambrechts, 8 Jacobus Opperman (o.kapt), 7 Jean-Jacques Richter, 6 Roaldo Rittmann, 5 Wilfred Morkel, 4 Juan Hoffman, 3 Claus Schmidt, 2 Louw Steenkamp, 1 Willem Adriaan Vermeulen.
Reserwes: Zane Feris, Roberto Herunga, Marthinus van Wyk, Herschelle van Schalkwyk, Chester Diergaardt, Archibald Norval, Riduan van Neel, Luciano Abrahams. Afrigters: Vince Dreyer, Jaco Engels en Nico Horn sr.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie