Afgelope reu00ebnseisoen u2018n verbetering op rampjaar
Afgelope reu00ebnseisoen u2018n verbetering op rampjaar

Afgelope reënseisoen ‘n verbetering op rampjaar

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Die Namibië meteorologiese dienste sê tydens die afgelope reënseisoen het die meeste streke normaal tot ondernormale reëns aangeteken, alhoewel reën in April begin afneem het.

Dit volg ná Namibië tydens die 2018-’19-reënseisoen die ergste droogte in 38 jaar ervaar het en ook die land in Suider-Afrika was wat die ergste geraak is – aldus ’n 2019-verslag deur die Hidrologiese Dienste van Namibië.

Die meteorologiese dienste sê in hul jongste reënverslag die Zambezi-, Kavango-Oos- asook die meeste streke in die noordsentrale dele van die land het normale reëns ontvang.

Daarteenoor het die Kavango-Wes-, Omaheke-, Hardap- en Kharasstreek normale tot ondernormale reën gehad.

Die dele van die land wat dié seisoen aan die korste ent getrek het, is die Kunene- en Erongostreek, waar ondernormale reënneerslae ervaar is.

April was ‘n goeie maand vir reën in die sentrale noordelike dele van die land, ofte wel in die Oshana- en Oshikotostreek, asook in die grootste dele van die Omaheke- en sentrale Khomasstreek.

Sekere gedeeltes in die westelike Hardap- en Kharasstreek het bonormale reën in April ontvang, terwyl die res van die land egter ondernormale reën in April ervaar het.

“Gedurende April was daar ’n afname in reënneerslae, soos verwag, omdat dit die einde van die 2019-’20-reënseisoen is. Die meeste weerstasies het geen reën (0 mm) aangeteken,” lui die verslag. FOTO GERHARD SCHEEPERS

Kommentaar

Republikein 2025-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer