Afgemaaide stropers geu00efdentifiseer
Afgemaaide stropers geu00efdentifiseer

Afgemaaide stropers geïdentifiseer

Tanja Bause
Tanja Bause - Die Namibiese polisie het die twee stropers wat op 28 Desember deur teenstropery-eenhede in die Bwabwata Nasionale Park doodgeskiet is geïdentifiseer.

Hulle is mnre. Paulo Shimonomono en ene Paulo (sy van is onbekend) en beide is in hulle veertigs.

Nog 'n stroper, mnr. Matheus Murongo, is gewond in die Rundu Staatshospitaal opgeneem. Sy nasionaliteit moet nog bevestig word omdat hy in besit van 'n Angolese identiteitsdokument en 'n Namibiese kieserskaart was.

Volgens majoor-generaal James Tjivikua het intensiewe ondersoeke deur die polisie daartoe gelei dat nóg twee verdagtes in verband met die stropery in die park gearresteer is.

Hulle is deur die polisie geïdentifiseer as mnre. Kumbwa John (34), van die Kamutjanga-nedersetting by Divundu, en Mbunda Simon (32) van die Mavanze-nedersetting by Rundu. Beide is Namibiërs. ’n Derde verdagte is nog op vrye voet, maar die polisie se ondersoeke duur voort.

Die stropers is om en by 11:20 sowat 21 kilometer Oos van Divundu in die Bwabwata Nasionale Park doodgeskiet toe hulle in ’n skietgeveg met die teenstropery-eenheid betrokke geraak het.

Die teenstropery-eenheid het te voet gepatrolleer toe die stropers op hulle begin skiet het. Hulle het teruggeskiet en in die proses is twee doodgeskiet en een gewond. Die ander het gevlug.

Daar is beslag gelê op ’n AK-47, 25 patrone en 'n tuisgemaakte knaldemper.

’n Week gelede is nog ’n stroper in dieselfde park doodgeskiet nadat hy op die teenstropery-eenheid begin skiet het.

Sedert 15 September verlede jaar is 24 olifante in die Bwabwata Nasionale Park gestroop.

Op 3 en 7 Desember is twee gestroopte renosters in die Etosha Nasionale Park gevind. Vyftien mense is al in verband met die stropery in hegtenis geneem en het reeds in die landdroshof op Opuwo verskyn. Die saak is tot Maart uitgestel.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!