Afgetrede verpleegsters weer in diens geneem
Afgetrede verpleegsters weer in diens geneem

Afgetrede verpleegsters weer in diens geneem

Henriette Lamprecht
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het 278 afgetrede oraloor in die land in diens geneem om ’n tekort aan gesondheidspersoneel te takel. Die verpleegsters se tydelike kontrakte wissel van drie tot ses maande.

Volgens die uitvoerende direkteur, mnr. Ben Nangombe, is die ministerie sedert 2020 besig om bykomende personeel en in veral gesondheidswerkers in diens te neem as deel van die reaksie tot die Covid-19-pandemie en ook om die land se tekort aan werksmag te takel. Volgens hom word die tydelike kontrakte gebaseer op die ministerie se behoeftes hernu.

“Die ministerie het in die proses afgetrede verpleegsters onder die ouderdom van 67 jaar gewerf. Weens hul vatbaarheid vir siektes, word hulle uit die Covid-19-sale gehou en word meestal gebruik vir inentings. Die verpleegsters is ook in diens geneem om nuwe gegradueerde personeel te mentor en te lei,” het hy gesê.

Nangombe sê die verpleegsters kwalifiseer vir ’n minimum salaris van ’n geregistreerde of ingeskrewe verpleegster. Dit wissel van N$18 000 tot N$26 000 vir ’n geregistreerde verpleegster en tussen N$10 000 tot N$15 000 vir ’n ingeskrewe verpleegster. Voordele sluit in verlofdae (siek-, menslikheids- en gewone verlof), maatskaplike voorsorgfonds, vervoer en ook ’n behuisingstoelaag. Me. Anitha Hummel, ’n afgetrede, ingeskrewe verpleegster en vroedvrou van 38 jaar het aan Nampa gesê toe sy deur die ministerie midde die pandemie gevra is om weer ’n diens te lewer, het sy nie gehuiwer nie. Haar eerste gedagte was dat pasiënte haar hulp nodig het.

Volgens Hummel gee sy nie om om haar gesondheid op die spelt e plaas nie, omdat die land professionele gesondheidslui nodig het. Sy beskou die geleentheid om afgetrede verpleegsters weer in diens te neem, as ’n noodsaaklikheid.

“Vandag se jong verpleegsters is nie so toegewy soos ons voorgangers nie. Hulle het nie tyd vir hul pasiënte nie. Mense wat in my era met verpleging begin het, het hul pasiënte ’n prioriteit gemaak en sou enigiets doen om hulle gemaklik te maak en aan hulle die nodige gesondheidsorg voorsien. Dit is waarom ek terugkeer. Ek sal voortgaan as die geleentheid homself voordoen om my kontrak te hernu,” het sy gesê.

Hummel het beklemtoon verpleging is ’n roeping en dat mense in die beroep hul tyd en energie aan hul pasiënte moet wy, veral in die huidige moeilike omstandighede, om dit makliker te maak vir dié wat dit werklik nodig het. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!