Afgetredenes 'beter af as res'
Pensioene het goed gevaar in ’n land wat die afgelope ses jaar al lae opbrengste op die markte lewer.
Pensioentrekkers verdien dalk gemiddeld minder as die helfte van wat salaristrekkers verdien, maar dit lyk nie of hulle agteruit boer nie. BankservAfrica bespreek die “vreemde geval” van stygende pensioene aan die hand van die BankservAfrica-indeks van Private Pensioene en die BankservAfrica-indeks van Besteebare Inkomste. Die indekse word saamgestel deur Mike Schüssler, hoofekoom van Economists.co.za.
Pensioene in Suid-Afrika styg nou al ses en ’n half jaar.
In Desember 2019 was die gemiddelde private pensioen wat in bankrekeninge inbetaal is, 3,9% hoër in reële waarde (dus met inagneming van inflasie) as ’n jaar gelede, op R7 071. Die nominale waarde, dus die randwaarde soos tans, was R7 959, wat 7,6% hoër is as ’n jaar gelede.
Hoewel die bedrag onbeduidend lyk, toon dit dat pensioene goed gevaar het in ’n land wat die afgelope vyf, ses jaar al lae opbrengste op die markte oplewer.
Meet van 2012 af
Sedert Junie 2012 meet die BankservAfrica-indeks van Private Pensioene (BPPI) die pensioene wat uitbetaal word aan afgetredenes wat in hul werklewe ’n deel van hul salaris gespaar het.
Ons hoor gereeld dat mense nie genoeg vir hul aftrede spaar nie en ons data bevestig dit, gegewe dat private pensioentrekkers nagenoeg die helfte op pensioen verdien as wat hulle as werkendes verdien het.
BankservAfrica se ander indeks, die indeks van besteebare inkomste oftewel die BankServ Take-home Pay Index (BTPI), wys die gemiddelde reële salaris ná aftrekkings soos belasting, medies en pensioenfondsbydraes beloop nou R14 577, wat 2,1% hoër is nadat inflasie verreken is.
Die nominale waarde is R16 502 oftewel 5,9% in huidige randwaarde meer as ’n jaar gelede.
Helfte van besteebare inkomste
Maar hier is die vreemde ding: Pensioene het inflasie 94% van die tyd geklop. Dis baie meer gereeld as salarisse.
Toe ons met ons meting van private pensioene begin het, het dit gewys pensioentrekkers kry gemiddeld net sowat 40% van die gemiddelde besteebare inkomste.
Nou, ses jaar later, is private pensioene baie na aan 50% van besteebare inkomste.
Met die aandelebeurs in ’n windstilte sedert die BPPI gemeet word, sou ’n mens verwag het dat pensioene sukkel om by te hou met salarisse. Maar miskien het pensioentrekkers en hul batebestuurders iets geweet en meer van die beleggings in rentedraende instrumente gehou.
Vaar merkwaardig goed
Ondanks die swak ekonomie, het pensioene merkwaardig goed gevaar.
Baie fondse vaar ook nie veel beter as die inflasiekoers nie. Tog ontvang pensioentrekkers jaar ná jaar uitbetalings van meer as die inflasiekoers! In die konteks van ’n tam ekonomie is dit verstommend.
’n Groot persentasie van ons pensioentrekkers is afgetrede staatsamptenare en hulle ontvang ’n pensioen gegrond op hul laaste salaris, eerder as op beleggingsinkomste.
Hul verhogings is gegrond op die verhogings van staatsdienssalarisse, anders as dié wat op beleggingsopbrengs staatmaak. Nagenoeg twee-derdes van pensioentrekkers is onderhewig aan beleggingsopbrengs om hul aftreegeld te finansier.
En tog is die gemiddelde styging in pensioene die afgelope 80 maande op ’n jaargrondslag 2,9% meer as inflasie. Dis ná die gelde wat fondsbestuurders vra en ander uitgawes.
Die geval van die immer stygende pensioene berus deels op gunstige reële rentekoerse, en baie minder op die aandelebeurs.
Onttrek nie te veel
Die alternatief is dat hulle hul kapitaal te vinnig onttrek. Dit kan die geval wees, maar sedert Junie 2012 is daar geen getuienis van ’n ineenstorting in private pensioenuitbetalings nie – dis wat ’n mens sou verwag ná vyf of meer jaar van vinnige onttrekkings.
Ons data voor 2012 toon stygings was laer as die rentekoers en het nie dieselfde groei ervaar as die JSE se herstel ná die groot resessie van 2009 nie. (Dis nog ’n teken dat pensioentrekkers konserwatief belê in rentedraende beleggings.)
Oor die hele ses en ’n half jaar het private pensioene ná inflasie met 21% gestyg en die gemiddelde pensioentrekker is 18% beter daaraan toe.
Oor dieselfde tydperk het besteebare inkomste met minder as 5% gestyg. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie