Afkoelbraaiers wen die groot prys
‘n Foto van ‘n groepie manne wat letterlik in die Nautedam sit en braai het die eerste prys in Shoprite Checkers se “Dis braaityd!”-kompetisie gewen.
“Dit was ontsettend warm,” vertel Pieter Esterhuizen van Swakopmund oor die foto van hom en sy pelle wat ‘n inkopiebewys ter waarde van N$7 500 losgeslaan het. Saam met die water het ‘n paar ander dinge ook gevloei…
Saam met Pieter op die foto is Warren Payne van Swakopmund en Gerd Kessler van Lüderitz. Al drie het in Desember, toe die foto geneem is, nog in die “Bucht” gewoon.
Ma Cecilia van Hentiesbaai het die foto ingestuur. “Ek is só opgewonde!” het sy gister oor die wennuus gesê.
In die tweede plek was klein Donovan Muller se sewende verjaardagbraai in Elisenheim buite Windhoek. Die foto wen ‘n inkopiebewys van N$5 000.
Louis de Jager en familie en vriende se verjaardagspitbraai op die plaas Charity wen die derde prys van N$2 500 se inkopies.
Meer as 140 foto’s is vir die kompetisie ontvang. Republikein en ons susterskoerant, Namibian Sun, bedank almal vir hul deelname.
Volgende jaar braai ons weer saam. . .

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie