Afleggings kom by Meatco
Meatco se voortbestaan word tans deur sy kontantvloeikrisis bedreig.
Ronelle Rademeyer - Meatco se geldkrisis noodsaak 'n besnoeiing van uitgawes en afleggings is een van die regrukmaatreëls waaroor die direksie volgende week gaan besluit.
Dié vleisverwerker, die grootste van sy soort in suidelike Afrika, word tans aan die gang gehou deur die verbande wat teen sy eiendomme geregistreer is. Daar is 858 mense in diens.
Meatco het verlede jaar 'n verlies van N$42,9 miljoen gely nadat die algemene deurset met 10,2% gedaal het. Die daling in lewering deur kommersiële produsente het 44,2% beloop.
Dr. Diana van Schalkwyk, direksielid, sê die vergadering Woensdag sal bepalend wees vir die pad vorentoe. Meatco moet vaartbelyn gemaak word wat koste betref, sodat hy beter pryse aan produsente kan betaal en die deurset by die abattoir kan verbeter, sê sy.
Me. Martha Namundjebo-Tilahun, voorsitter van die direksie, het aan Republikein bevestig die situasie is benard en om verbande te gebruik om lopende uitgawe te finansier, is ongewens.
Hulle het dié opmerkings gemaak tydens mnr. Alpheus !Naruseb, nuwe minister van landbou, water en bosbou, se besoek aan Meatco se fabriek in Windhoek om 'n oorsig te kry van die werksaamhede by die aanleg.
Volgens Van Schalkwyk het die aankondiging dat Meatco voortaan nie meer belasting op toegevoegde waarde (BTW) aan produsente sal betaal wat beeste lewer nie, verligting gebring vir die vleisverwerker se kontantvloeikrisis.
Sy sê die ministerie van finansies was in 'n stadium sowat N$70 miljoen se BTW aan Meatco verskuldig. Die bedrag het intussen gekrimp en dit beloop volgens haar nou sowat N$30 miljoen.
Verder beplan Meatco ook om sy 25%-aandeel in Global Protein Solutions (GPS), 'n vleisbemarkingsmaatskappy in Brittanje, te verkoop. “Ons gaan aanvanklik net die helfte van die N$70 miljoen opneem, en die res sal later uitbetaal word.” Dit sal ook die kontantvloei verbeter, sê sy.
'n Ander kritieke kwessie is volgens haar om die verhouding tussen Meatco en produsente te verbeter.
Mnr. Piet Gouws, voorsitter van die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO), het vroeër vanjaar in 'n onderhoud aan Republikein gesê Meatco dien nie meer die produsente nie. “Dit is in die skuld en die abattoirs is verouderd. Daar is deesdae baie beter en doeltreffender tegnologie vir slag- en verwerkingsaanlegte beskikbaar.”
Hy het gesê gesprekke oor die pad vorentoe vir produsente is nog in die embriostadium, maar daar word ondersoek gedoen na wat dit sal kos om 'n nuwe slag- en vleisverwerkingsaanleg te begin. “Ons moet dit opweeg teen wat dit sal kos om Meatco weer doeltreffend en winsgewend te maak.”
Hy het egter bygevoeg 'n finansieel gesonde en doeltreffende Meatco is die eerste prys vir produsente.
Van Schalkwyk sê die kwessie oor Meatco se eienaarskap is steeds onopgelos en dit is een van die uitdagings wat die direksie en bestuur vanjaar nog wil takel. “Ons wil vanjaar nog 'n voorstel oor die besigheidsmodel en eienaarskap formuleer.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie