Afleggings se angel
Afleggings se angel

Afleggings se angel

Dani Booysen
Sedert die ekonomie die skroewe verlede jaar stywer in baie bedrywe begin aandraai het, is die arbeidskommissaris se kantoor oorval deur 'n stortvloed kennisgewings deur werkgewers wat oorweeg om werkers af te lê.

Afleggings elders het ook al die media gehaal, maar die lot van 278 werkers by die Skorpion-sinkmyn buite Rosh Pinah het baie standpunte – in 'n wisselende mate ingekleur deur emosie en feite – ontlok.

Hierdie onderhandelinge het verlede week uitgeloop op 'n skikking waarvolgens net 43 werkers (15,5% van die aanvanklike groep) elders werk sal moet soek. Ideaal gesproke moes selfs hierdie werke behou kon word, maar 'n punt word ook bereik waar geen ander uitweg moontlik is nie.

Die myn kan sy uitbreiding en eksplorasie voortsit en minder werkers is geraak.

Afleggings is traumaties. Nie net vir 'n werknemer nie, maar ook vir hul naasbestaandes en afhanklikes. Daarom dat – soos in hierdie geval – alle weë ingespan moet word om elke moontlike werkgeleentheid te beskerm. Dit moet oral geld.

Goeie arbeidswetgewing beskerm almal se regte in die ruimte waar die pligte van vakbonde en 'n bestuur, wat die beste vir 'n onderneming moet besluit, mekaar ontmoet.

Goeie kommunikasie binne bedrywe kan help om gouer werk vir afgelegdes te vind en die land se nuwe arbeidsagentskap het ook 'n rol. Daar is nog nie behoorlik verslag gedoen oor hierdie instelling se doeltreffendheid nie.

In huidige ekonomiese omstandighede moet alle partye mekaar van die begin bystaan om afleggings heeltemal te probeer verhoed, of die angel daaraan verbonde vinnig te trek.



So sê ander

5 April 2017



Zuma's world is closing in



TThe end of President Jacob Zuma seems tantalisingly near but also so far. The question on everyone's mind is how long can he last?

The next ANC national executive committee (NEC) meeting will be critical. While the next NEC meeting is scheduled for May, it is possible that a special meeting will be called before then in the light of the crisis.

The other possible outcome of the NEC meeting is that everyone agrees to remove him. For the ANC as an organisation, this is the best possible outcome as it may offer it some redemption with voters in 2019.

The difficulty, though, will be to agree on a replacement.

It will be an intense few weeks for ANC MPs. If they stand firm or can reach an agreement, then Zuma's days will be quickly over.

If not, the country could limp all the way to the ANC's December conference.• BUSINESS DAY

Kommentaar

Republikein 2025-02-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer