Afleweraars, pasop vir u2018hommeltuig-histerieu2019
Afleweraars, pasop vir u2018hommeltuig-histerieu2019

Afleweraars, pasop vir ‘hommeltuig-histerie’

Francois Williams – Hommeltuie kan die vragvervoerbedryf transformeer, maar moenie alles vir soetkoek opeet nie.

Juis omdat die vervoer-en-logistiekbedryf so ingewikkeld is, is daar danksy nuwe tegnologie geleentheid vir verandering en groei, sê prof. Wesley Harris van die Massachusetts Institute of Technology (MIT).

Hy het op die jaarkongres van die Internasionale Federasie van Vragversendersverenigings (Fiata) in Kaapstad verduidelik dat tegnologie net ’n boublok is.

Hy het gewaarsku dat vervoerondernemings hulle nie laat mislei deur wolwe in skaapsklere wat tegnologie en innovasie aan hulle wil afsmeer wat nie ’n verskil aan hul bedrywighede en sukses gaan maak nie.

Studente aan MIT eksperimenteer reeds met hommeltuie wat vrag van so swaar as ’n halwe ton kan vervoer.

Koste in die vervoerketting kan gesny word deur prosesse in die hele ketting aan te pas om vermorsing uit te sny.

Harris het die voorbeeld van vlieënde wildeganse gebruik om te verduidelik hoe doeltreffendheid verbeter word en vermorsing uitgesny word. Dieselfde beginsel kan gebruik word waar selfbestuurvragmotors in ’n ry gebruik kan word om brandstof te bespaar danksy minder windweerstand en sleur.

Hommeltuie hoef nie noodwendig gebruik te word vir die vervoer van goedere nie, maar is vandag reeds nuttig vir verwante aktiwiteite in die vervoerbedryf soos inspeksie, verkeersbeheer en voorraadopname, volgens Harris.

Hommeltuie kan ook gebruik word om vragmotors te monitor.

Harris en sy kollegas het ’n studie gedoen oor hoe vrag met hommeltuie vanaf die JFK-lughawe in New York met die kortste en beste roete na ’n bestemming in Manhattan geneem kan word.

Die kritieke faktore is onder meer die massa van die vrag, die krag van die battery, en die afstand wat afgelê moet word.

Die uitdagings is of dit die koste werd is, en of sulke vraghommeltuie vir die publiek aanvaarbaar sal wees wat byvoorbeeld geraasvlakke en sigbaarheid betref.

Celeste Fauconnier, ekonoom van die handelsbank RMB, het op die kongres gepraat oor hoe Suid-Afrika al laer afgeskuif het in dié bank se indeks van Afrika-lande wat die aantreklikste vir beleggings is. Rwanda en Ethiopië is onder die top-tien, maar byvoorbeeld Tanzanië het weens toenemende staatsinmenging uit RMB se top-tien-indeks geval.

Lande wie se ekonomieë oor die volgende vyf jaar teen 6% of meer kan groei, sluit in Senegal, Benin, die Ivoorkus en Tanzanië.

Zimbabwe kan oor die volgende vyf jaar ook een van die snelgroeiendste lande in Afrika word, mits sy politieke probleme opgelos word, meen Fauconnier.

Mauritius het die gunstigste sakeomgewing in Afrika, volgens RMB se navorsing, met Suid-Soedan wat die swakste sakeomgewing het. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!