Aflosswemmers oortref twee rekords

Swem
Tielman van Lill
Die tweede Bank Windhoek-langbadgala wat oor die naweek in Windhoek by die Olympia-swembad plaasgevind het, het twee nuwe nasionale ouderdomsrekords in die aflosse opgelewer.

Juliette Senekal, Ernst Jansen, Mikayla Geyser en James Langford het ’n nuwe 400 meter-vryslagaflosrekord van 4 minute 50.97 sekondes in die ouderdomsgroep 11 tot 12 jaar aangeteken.

Chloe Rossouw, Oliver Durand, Ariana Naukosho en Robin Engelhard se nuwe gemengde 400 m-vryslagaflosrekord (4:19.18) is in die ouderdomsgroep 13 tot 14 jaar opgestel.

Honderddrie-en-twintig swemmers van vier swemklubs (Aqua, Dolphins, Marlins en Phoenix-swemakademie) het aan die byeenkoms met 737 items deelgeneem.

Me. Nicky McNamara, uitvoerende komiteelid van die Namibiese Swemfederasie (NASFED), het gesê. “Dit was ’n groot sukses met kinders en volwassenes wat saam meeding. Dit was warm, maar perfek vir swem.”

Die kompetisie is Bank Windhoek geborg en deur NASFED aangebied.

“Baie dankie aan Bank Windhoek dat ons nog ’n suksesvolle gala kon aanbied. Dis ’n absolute plesier om saam met die borg te werk," het McNamara gesê.

Die derde Bank Windhoek-langbadgala vind op 26 en 27 November by die Olympia-swembad in Windhoek plaas.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!