• Tuisblad
  • Landbou
  • Africa Game Bomas se vyfde jaarlikse wildveiling om die draai
Africa Game Bomas se vyfde jaarlikse wildveiling om die draai
Africa Game Bomas se vyfde jaarlikse wildveiling om die draai

Africa Game Bomas se vyfde jaarlikse wildveiling om die draai

Gerine Hoff
Is jy nuut in die dinamiese, groeiende wildbedryf? Of ’n gerekende wildboer? Dan is Africa Game Bomas se vlakte- en eksotiese wildveiling op Saterdag 25 Julie, die perfekte geleentheid om gehalte en diverse genetika uit te soek.
Volgens die organiseerders is dié geleentheid die grootste veiling van lewende wild nóg in Namibië.
Bykans 450 stuks word opgeveil – waaronder njalas; bastergemsbokke; swartwitpense; kleurvariante soos koper-, swart- en witspringbokke, wit- en skildergemsbokke en swart impalas.
Soos in die verlede, verwag die organiseerders vanjaar groot verrassings. Die afgelope vier jaar het Africa Game Bomas se wildveilings van krag tot krag gegaan met gehalte, hoeveelheid en diversiteit wat elke jaar verbeter.
Benewens die opwinding wat beleggers by die veiling kan verwag, het die organiseerders ook gesorg vir vermaak uit die boonste rakke. Vanjaar is die gewilde en beminde grapjas, sanger en storieverteller, Andries Vermeulen, die Vrydagaand voor die groot veiling by Africa Safari Lodge te sien. Sy vertoning op Vrydag 24 Julie begin om 19:00 en aandete en drankies sal te koop wees.
Diegene wat die vertoning wil bywoon, kan kaartjies by enige Shoprite/Checkers se Moneymarket kiosk, of Computicket se webwerf koop.
Hoewel die lodge reeds vir die veilingsnaweek vol bespreek is, is daar nog baie verblyf in die omgewing beskikbaar.
Besigtiging van die wild en registrasie vir voornemende kopers vind op Saterdag 25 Julie om 08:00 plaas waarna die veiling om 12:30 begin. Navrae kan aan dr. Archer by 081 128 0777 of mnr. Gert van Wyk (Namibia Livestock Auctioneers) by 081 122 3315 gerig word.


AGTERGROND
Africa Safari Lodge behoort aan die sakeman mnr. Paul Malan, wat ’n direkteur van Shoprite Namibia is, en die bekende Windhoekse tandarts, dr. Johann Archer. Dié laerskoolvriende – hulle het saam op Karasburg grootgeword – het ’n paar jaar gelede Rooiklip Farming, 25 km buite Mariental op die C19-pad gekoop. Dit was ook nie lank nie, of Africa Safari Lodge het sy deure geopen en dit bied vandag ’n oase vir reisigers deur die suide van Namibië.
Hulle belê verder miljoene om professionele bomas op te rig - 'n eerste vir die Suide – en bied sedertdien hoë gehalte, professionele vlakte- en eksotiese wildveilings aan.
Africa Safari Lodge is ewe bekend vir sy gewilde jaarlikse bergfietsuitdaging wat in Junie vanjaar meer as 300 inskrywings van Namibië en Suid-Afrika gelok het.

Kommentaar

Republikein 2024-09-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby Championship: Springboks 48 vs 7 Argentina | New Zealand 33 vs 13 Australia Premier League: Wolves 1 vs 2 Liverpool | Nottingham Forest 0 vs 1 Fulham | Everton 2 vs 1 Crystal Palace | Chelsea 4 vs 2 Brighton | Brentford 1 vs 1 West Ham | Arsenal 4 vs 2 Leicester City | Newcastle 1 vs 1 Manchester City LaLiga: Osasuna 4 vs 2 Barcelona | Real Sociedad 3 vs 0 Valencia | Rayo Vallecano 1 vs 1 Leganés | Getafe 2 vs 0 Deportivo Alaves | Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano SerieA: Bologna 1 vs 1 Atalanta | Genoa 0 vs 3 Juventus | Udinese 2 vs 3 Inter Milan | AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.1 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A