• Tuisblad
  • Sake
  • African Bank se resultate toon geen verrassing
African Bank se resultate toon geen verrassing
African Bank se resultate toon geen verrassing

African Bank se resultate toon geen verrassing

Jo-Mare Duddy Booysen
Hanlie Stadler - African Bank het Vrydagmiddag laat stil-stil sy langverwagte resultate uitgereik.
Die tussentydse resultate vir die ses maande tot einde Maart en die voljaarsyfers vir die jaar tot einde September is gesamentlik uitgereik.
Dit kom as geen verrassing nie dat die bankgroep, wat in Augustus 2014 so te sê in duie gestort het, in die boekjaar tot September ’n totale verlies van meer as R7,2 miljard gely het. Dit is egter ’n goeie R2,1 miljard minder as die R9,3 miljard-verlies vir die 2014-boekjaar.
African Bank is op Sondag 10 Augustus 2014 deur die Reserwebank in kuratele geplaas nadat die bank se moedermaatskappy, African Bank Investments Limited (Abil), se aandeelprys tot net 31c geval het, vergeleke met die rekordhoogtepunt van R40,25 in Januarie 2011.
Die ineenstorting van die aandeelprys het gekom nadat die destydse uitvoerende hoof, Leon Kirkinis, in ’n handelsverklaring gesê het die bank gaan in die jaar tot einde September 2014 ’n wesensverlies van minstens R6,4 miljard ly nadat nadat bykomende voorsiening vir slegte skuld van R3 miljard gemaak is.
Tom Winterboer, wat as kurator aangewys is, het intussen sy werk afgehandel om die bank weer op ’n gesonder voet te kry en die “nuwe” bank met die nodige lisensies en met Brian Riley as uitvoerende hoof het op 4 April vanjaar sy spreekwoordelike deure geopen.
Hoewel aandeelhouers uiteraard groot somme geld verloor het, het die Reserwebank se ingryping, toe nog onder leiding van Gill Marcus, verseker dat mense met lenings of bankrekeninge by African Bank deurentyd nie geraak is nie.
Daar is selfs aanduidings dat mense wat in geldmarkfondse belê was wat African Bank-effekte gehad het, van die geld wat hulle destyds moes “afskryf”, sal terugkry.
Vir die jaar tot einde September kon African Bank byna R9,4 miljard se netto kontant uit bedrywighede invorder, wat sy totale kontant en kontantekwivalente vir die jaar op R6,3 miljard te staan bring – byna dubbeld die R3,6 miljard teen September 2014.
Die bank het daarin geslaag om R528 miljoen in te vorder van verbruikers se agterstallige skuld wat vantevore afgeskryf is.
Altesame R509 miljoen minder lenings as in 2014 is uitgeskryf, en R5 miljoen minder geld is by African Bank belê, maar dis deels weens strenger leningsvereistes en die onsekerheid oor die bank se toekoms. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!