African Stars en Tura Magic deel punte
Sokker
African Stars, verdedigende kampioen, het Woensdagaand met 0-0 gelykop gespeel teen Tura Magic in week 12 van die 2018-'19 MTC Namibië Premierliga (NPL).
Beide spanne het in die Sam Nujoma-stadion heelwat kanse geskep waarop hul voorspelers egter nie kon afrond nie.
Tura Magic se aanvalspaar Theophilus Junius en David Omseb het met hul vaart die verdediging van African Stars gepla, maar het ook beurte geneem om met doelwagter Ratanda Mbazuvara voor hulle teleur te stel.
Net so het Stars se Rodger Katjiteo, Gustav Isaak en Godwin Jena misluk om verby Mervin Kasetura te kom, wat in elke helfte met minstens een puik stukkie keerwerk vorendag gekom het.
Tura Magic se Ghanese vleuel Emmanuel Doku het met waarskynlik die beste aangee van die aand die haastige Omseb weggestuur, maar dié se eerste aanraking het hom in die steek gelaat en Mbazuvara kon maklik opruim.
In die tweede helfte het Stars vir Ronald Ketjijere opgestuur wat die middelveld goed beheer het, maar sy aangeewerk is óf onderbenut óf deur die opposisie onderskep.
Die uitslag en een ligapunt elk laat beweeg African Stars op na die derde plek met 19 punte ná tien wedstryde, met Magic vierde (18 ná 12 wedstryde).
• Vanaand se botsing word gretig afgewag tussen die voorloper Black Africa en die tweede geplaaste Mighty Gunners (agtuur in die Sam Nujoma-stadion).
Black Africa is vol selfvertroue ná sy indrukwekkende oorwinnings teen Eleven Arrows (3-0) én Blue Waters (7-2) tydens sy besoek aan Walvisbaai laas naweek.
Afrigter Paulus Shipanga se Leeus is dus nie in die bui om vir sy besoekers uit Otjiwarongo enige ruimte vir 'n opskudding te laat nie. Black Africa het nog net een keer dié seisoen verloor en hul verklaarde doelwit is om Mighty Gunners punteloos te hou.
• Môre wag Julinho vir Life Fighters op Rundu in, terwyl Okahandja United sy tuisvoordeel teen Citizens moet laat geld.
Young Brazilians kan op Karasburg 'n hand vol vir die Universiteit van Namibië wees, terwyl die sukkelende Orlando Pirates met die ambisieuse African Stars in die Sam Nujoma-stadion te doen kry. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie