Afrika Droogtekonferensie in Augustus
Afrika Droogtekonferensie in Augustus

Afrika Droogtekonferensie in Augustus

Elvira Hattingh
Meer as 600 deelnemers word by die eerste Afrika Droogtekonferensie verwag wat vanaf 15 tot 19 Augustus in Windhoek sal plaasvind.
Die tema is “Die verbetering van veerkragtigheid teen droogte op die Afrika-vasteland”
Die kerndoelwitte van die konferensie is om ’n strategiese raamwerk vir droogtebestuur op te stel wat die veerkragtigheid teen droogtes vir die hele Afrika-vasteland sal verbeter; om streeks- en internasionale aandag op die kwessie te fokus om veerkragtigheid te kan verbeter; behoeftes en tekortkominge sowel as goeie praktyke te identifiseer en vennootskappe en samewerking tussen lande te versterk.
Die projekkoördineerder van die ministerie van die omgewing en toerisme, me. Kauna Schröder, het tydens die bekendstelling gesê Afrika is kwesbaar vir die impak van droogtes, wat na verwagting as gevolg van klimaatveranderinge meer dikwels gaan voorkom.
“Die kwesbaarheid is beklemtoon deur die voortdurende El Niño-weerverskynsel. Oos-Afrika ervaar die ernstigste droogte in 60 jaar en die Verenigde Nasies (VN) het hongersnood in Somalië verklaar. Suider-Afrika word ook ernstig geraak en die droogte is in Maart vanjaar as ’n streekramp verklaar,” het ­Schrö­der gesê.
Die konferensie sal ’n tegniese sessie insluit waaraan kenners sal deelneem, gevolg deur ’n hoëvlaksessie waartydens ministers in Afrika en verteenwoordigers van VN-agentskappe teenwoordig sal wees.
“Die groot verwagte uitkoms van die konferensie is ’n strategiese raamwerk om Afrika se veerkragtigheid teen droogtes te verbeter. Dit geniet reeds die volle steun van die Afrika-unie (AU). Ons kan nie resultate hê as ons nie al die feite bymekaar het nie,” het Schröder gesê.
Terselfdertyd soek die ministerie na borgskappe van en vennootskappe met die private sektor ten einde die droogte te verlig.
Schröder het gesê langtermynvennootskappe is ook moontlik op gebiede soos die verbetering van vroeë waarskuwingstelsels vir droogtes in Namibië, die ontwikkeling van versekeringsmeganismes teen droogtes asook water- en energiebesparingstegnologie. – Nampa.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!