Afrika en Frankryk fokus op vrede en vennootskappe
Namibië het die Afrika-Frankryk-spitsberaad in Mali bygewoon.
Die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, vergesel van ‘n sterk Namibiese afvaardiging, het dr. Hage Geingob op 14 en 15 Januarie by die Afrika-Frankryk-spitsberaad verteenwoordig.
Die 27ste sessie van dié beraad het in Bamako, in Mali, plaasgevind.
Die spitsberaad se tema was “Vennootskap, Vrede en Verrysing”, en is voorafgegaan deur 'n vergadering van ministers van buitelandse sake.
Tydens die beraad is ‘n globale plan vir die bekamping van terrorisme en ander vorms van geweld aanvaar.
Ná afloop van die beraad het pres. Francois Hollande van Frankryk en sy Malinese ampsgenoot, Ibrahim Boubacar Keita, tydens ‘n nuuskonferensie op die globale bedreiging van terrorisme gefokus en gesê elke Afrika-land moet verantwoordelikheid vir die probleem aanvaar.
Hollande het gesê Frankryk is bereid om in dié verband bystand te verleen.
"Vir die verrysing van Afrika sal die Franse agentskap vir ontwikkeling (Agence Francaise de Developpement) in die loop van die volgende vyf jaar 23 miljard euro vir ontwikkelingsprojekte beskikbaar stel,” het Hollande gesê.
Oor die teenwoordigheid van Franse magte in die noorde van Mali en die Sahel, het Hollande gesê: “Ons is in Mali binne die raamwerk van internasionale samewerking en op versoek van die Malinese regering en die president wat in 2013 aan bewind was."
"Die Franse magte sal in Mali en Afrika bly solank as wat dié lande dit wil hê,” het hy bygevoeg.
Volgens Keita was ekonomiese groei in Afrika sterk, maar broos.
Die Malinese president het gesê hy hoop op meer volhoubare ekonomiese groei, en het die leierskap van die Afrika-jeug verwelkom, asook hul gees van vennootskap om sterk groei in Afrika te verseker.
Volgens Hollande en Keita was Libië en die politieke krisis in Gambië hoog op die spitsberaad se sakelys.
Die byeenkoms is deur verskeie staatshoofde en hoofde van regerings in Afrika bygewoon en is daarop gemik om betrekkinge tussen Afrika en Frankryk te versterk.
Volgens ‘n verklaring deur Schlettwein se kantoor was migrasie, kubermisdaad, mense- en dwelmhandel ook op die lys van kwessies wat Afrika en Frankryk raak.
Vanjaar se spitsberaad is ook deur verteenwoordigers van die Europese Unie, Afrika-Unie, die Verenigde Nasies, die Afrika-ontwikkelingsbank, die Wêreldbank en die Internasionale Monetêre Fonds bygewoon.
Schlettwein is vergesel van die adjunkminister van internasionale betrekkinge en samewerking, dr. Peya Mushelenga, die spesiale raadgewer van die adjunkpremier en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, amb. Tuliameni Kalomoh, Namibië se ambassadeur in Frankryk, amb. Frieda Ithete, en amb. Trudie Amulungu, Namibië se ambassadeur in Senegal.
Die eerste Afrika-Frankryk-spitsberaad is in 1973 in Frankryk gehou.
- Eie berig/Nampa/Xinhua

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie