Afrika het net 2% van Covid-19-entstowwe ontvang
'n Diepgaande wanbalans in die verspreiding van entstowwe teen Covid-19 bestaan, met Afrikalande wat volgens die Verenigde Nasies (VN) net 2% van globale entstowwe ontvang het. Volgens die VN se sekretaris-generaal, mnr. António Guterres, is daar 'n behoefte om gelyke en universele toegang tot Covid-19-entstowwe te verseker om die pandemie te beëindig, ekonomiese herstel te ondersteun en volhoubare ontwikkelingsdoelwitte te behaal.
Intussen het die uitvoerende direkteur in die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Ben Nangombe, gesê Namibië het tot op hede genoeg entstowwe met betrekking tot die land se geriewe vir die verskaffing van die koueketting van entstowwe ontvang.
"In terme van die bestuur van die immuniseringsveldtog is ons OK, want dit sal nie wys wees om entstowwe op te gaar en dit probleme met die bestuur van die koueketting veroorsaak nie. Jy moet dit op so 'n manier bestuur dat, soos jy bestel, jy opgebruik wat jy het. As ons dit in pakhuise gaan hou, kan dit verval," het Nangombe gesê.
Namibië het tot dusver 100 000 dosisse Sinopharm, 30 000 dosisse Covishield en 24 000 dosisse AstraZeneca deur Covax ontvang. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie