Afrika hou van SA se langlewemelk
Afrika hou van SA se langlewemelk

Afrika hou van SA se langlewemelk

Die getal melkprodusente in Suid-Afrika het tussen 2012 en 2016 met 32% afgeneem, maar dié land voer steeds baie suiwel uit.
Riana de Lange - Die plaaslike suiwelbedryf het in Junie meer as 14 000 ton suiwelprodukte ter waarde van R241 miljoen uitgevoer, sê die Melkprodusenteorganisasie (MPO) in ’n nuusbrief.

Die uitvoer bestaan hoofsaaklik uit langlewemelk, melkpoeier en ingedampte melk, jogurt en kaas.

Volgens die MPO is langlewemelk gewild in Afrikalande suid van die Sahara, met die vernaamste uitvoerbestemmings daarvoor Botswana en Swaziland.

Suid-Afrika voer na meer as 55 lande uit.

Die MPO sê hoewel Somalië en Réunion elk minder as 1% van Suid-Afrika se suiwel-uitvoer ontvang, word die hoogste prys per kilogram daar behaal teen onderskeidelik R288 per kilogram en R269 per kilogram.

Die MPO sê die totale suiwelinvoer vir Junie staan op 5 600 ton met ’n randwaarde van R204 miljoen. Dit bestaan hoofsaaklik uit melkpoeier en ingedampte melk, wei en langlewemelk.

Die meeste invoere kom van Nieu-Seeland, gevolg deur Pole en Frankryk.

Volgens syfers van Melk SA bestaan die nasionale melkkoeikudde uit sowat 1,3 miljoen koeie met sowat 50% daarvan in produksie. Die land se getal melkprodusente het tussen 2012 en 2016 met 32% afgeneem, sê die organisasie. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!