Afrika is in ons bloed
Die Suid-Afrikaanse musikant en liedjieskrywer, Jan Rhaap, het onlangs saam met sy vriend Juan Boucher ’n splinternuwe enkelsnit en musiekvideo bekend gestel wat gaan oor die waardering en liefde vir die Afrika-vasteland en al die unieke en mooi ervaringe wat dit bied.
“Afrika” is 'n pop-rock-balade wat die storie vertel van iemand wat smag om tyd in Afrika deur te bring en kom uit Jan Rhaap se eie pen. Die lied waarvoor Juan ook die melodie geskryf het, gaan verseker aanklank by Afrikaners vind, omdat hulle lief is vir die buitelewe en om tyd in die natuur te spandeer. Jan Rhaap meen “Afrika” is die ideale liedjie om te luister terwyl jy êrens in die veld om 'n kampvuur sit.
“Ek het een aand 'n ou by 'n optrede op Kuruman ontmoet wat later 'n goeie vriend sou word. Hy het ons genooi om na die tyd saam met hom en sy familie 'n drankie by sy huis te gaan drink. Ons het ingestap by hierdie pragtige lapa/kuierkamer wat jou laat voel het of jy êrens in Afrika is. Ons het gesels oor hoe hy graag saam met sy gesin deur Afrika wil toer en toe sê hy vir my: ‘Ek is eintlik maar 'n kind van Afrika.’ Net daar is die idee vir die liedjie gebore. Ek het die liedjie die volgende dag – toe ek terug op die plaas was – geskryf,” vertel Jan Rhaap.
Die musiekvideo vir “Afrika” is in die Kalahari geskiet met sommige dele net buite Hotazel. Die storie en konsep agter die musiekvideo gaan oor twee vriende wat saam tyd in Afrika spandeer met baie liefde en waardering vir die veld. Hulle skryf dan ook terselfdertyd hierdie "liefdesbrief" aan Afrika. Die video is deur Vonk Musiek geskiet en vervaardig.
“Aangesien ek en Juan albei baie lief vir die veld is, wou ons dit eenvoudig hou en net die mooi storie vertel. Ek hoop hierdie liedjie laat mense opnuut besef hoe bevoorreg ons is om in Afrika te kan bly, met haar pragtige natuur,” sê Jan Rhaap.
Kyk die video hier: https://youtu.be/zhB_hV66tUE

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie