Afrika-kampioene gaan Europeërs toets

Rolskaatshokkie
Die Namibiese Rolskaats- en Yshokkievereniging (NIIHA) het 'n junior en senior manspan in rolskaatshokkie na Barcelona in Spanje gestuur waar hulle aan die 2019 Wêreld­rollerspele (WRG) teen 27 ander lande sal deelneem.

Ná amptelike proewe in Oktober verlede jaar is dié spanne gekies om Namibië te verteenwoordig. 'n Hele paar oefenkampe is vir die spelers onder die bekwame leiding van afrigter Brian Sobel aangebied. Beide spanne het ook waardevolle ondervinding in Swakopmund tydens die onlangse Afrika-bekertoernooi opgedoen, waar hulle teen gesoute internasionale teenstanders kon slyp.

Die WRG word deur die Internasionale Federasie vir Wêreldskaats aangebied en sluit elf dissiplines in wat by tien verskillende venues in Barcelona gehou sal word. Die WRG sal die Europese stad se grootste sportbyeenkoms sedert die 1992 Olimpiese Spele wees, waaraan 4 120 atlete deelgeneem het.

Ongeveer 1 044 mans- en vrouespelers van 27 lande sal vanjaar aan die kompetisie deelneem.

Namibië se senior mans is in groep D saam met Swede, China en Mexiko geplaas, terwyl hul junior eweknieë in groep B teen Italië, Nieu-Seeland en Ierland sake gaan uitspook.

Die spanne sal met hul aankoms teen Duitsland in opwarmingswedstryde speel om aan die plaaslike toestande gewoond te raak.

Die junior span wat verlede jaar die Nasiesbeker in Europa gewen het, word tans as die negende beste ter wêreld gereken. Die juniors speel hul eerste amptelike wedstryd môre teen die Kiwi's, waarna Ierland en Italië aan die beurt kom. Ierland en Nieu-Seeland behoort nie die sterkste teenstand te wees nie, maar Italië kan glo wel 'n geveg opsit.

Die seniors se eerste opposisie is die Swede op 6 Julie, gevolg deur Mexiko en China. Die Swede sal soos in die verlede 'n harde neut wees om te kraak, met Mexiko en China wat meer hanteerbaar lyk.

Dit sal die senior span se eerste smaak van groot hokkie wees sedert hulle by die 2016 Wêreldrolskaatshokkiekampioenskap in Asiago, Italië, gespeel het. Die senior manne is egter redelik gewoond aan internasionale kompetisie en behoort goed rekenskap van hulself te gee.

Nadat die groepkompetisie afgehandel is, sal die voorste agt spanne mekaar in die kwarteindronde pak waarna die semifinale en die finaal vir die wêreldkroon gespeel word.

Die NIIHA wens sy spanne die beste toe met hul veldtog in Spanje.

Kommentaar

Republikein 2024-12-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 20° | 32° Oshakati: 22° | 31° Ruacana: 21° | 33° Tsumeb: 21° | 32° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 22° | 32° Gobabis: 19° | 33° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 24° | 34° Mariental: 24° | 36° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 21° | 34° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 25° | 39° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 18° | 23° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 17° | 34° Lilongwe: 23° | 34° Maputo: 21° | 29° Windhoek: 22° | 32° Cape Town: 18° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 19° | 29° #REF! #REF!