Afrika-kortnuus
Demokratiese Republiek van Kongo
Nuwe massagrafte gevind
Die Verenigde Nasies (VN) sê 13 nuwe massagrafte is in die sentrale Demokratiese Republiek van Kongo gevind. Dit bring die totaal midde groeiende geweld in die gebied op 23 te staan. Volgens Jose Maria Aranaz, direkteur van die VN se kantoor vir menseregte in Kinshasa, sal Kongolese owerhede probeer bepaal hoeveel liggame in die grafte gevind is.
Die massagrafte is in 'n deel van sentraal-Kongo waar ten minste 400 burgerlikes sedert Augustus vermoor is midde 'n rebellie lojaal aan die voormalige tradisionele leier Kamwina Nsapu. Die VN sê ten minste 434 000 mense is in dié gevegte ontwortel. Onder die slagoffers is twee VN-kundiges, die Amerikaner Michael Sharp en die Sweed Zaida Catalan, asook hul Kongolese tolk. Die drie ander wat saam met hulle was, word steeds vermis. - AFP/News24
Zimbabwe
Opposisie reg vir protesoptogte
Protesoptogte word in Harare beplan onder die vaandel van die National Electoral Reform Agenda (Nera) en is gemik op president Robert Mugabe se beweerde planne om stembusse te "steel".
Polisie het vroeër die week opposisiepartye opdrag gegee om die protesoptogte uit die middestad na die buitewyke van Harare te verskuif. Kommer oor veiligheid is as rede vir die skuif gegee. 'n Nera-woordvoerder, Tawanda Dzvokora, sê tydens die optogte sal inwoners ook ingelig word oor 'n klag wat deur opposisiepartye teen die Zimbabwiese verkiesingskommissie gelê is. - AFP/News24
Libië
Kommer oor joernalis
Frankryk se ministerie van buitelandse sake sê dit monitor "met kommer" die situasie rondom 'n joernalis wat in die Libiese stad Benghazi in hegtenis geneem is. Abdallah Douma was in die stad om 'n konsert te dek wat mans en vroue byeengebring het.
Die ministerie se woordvoerder, Romain Nadal, sê Douma, 'n joernalis verbonde aan die nuusagentskap AFP, is vrygelaat, maar word steeds deur polisiedienste in Benghazi ondervra.
"Ons is gemobiliseer om sy vrylating te verseker." Nadal het Frankryk se toewyding tot mediavryheid en die beskerming van joernaliste dwarsoor die wêreld beklemtoon. - AFP/News24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie