Afrika kry gou sy 'eie' kripto-geldeenheid
Afrika kry gou sy 'eie' kripto-geldeenheid

Afrika kry gou sy 'eie' kripto-geldeenheid

Nóg 'n nuwe kriptogeldeenheid wink op die horison, dié keer spesifiek vir gebruik in Afrika.

'n Suid-Afrikaanse beheermaatskappy, Trapeace, is tans besig om Africa Master Coin te ontwikkel en beoog om dit teen November beskikbaar te stel.

Volgens die maatskappy se direkteur, George Gordon, gaan elke eenheid van dié digitale geldeenheid gekoppel word aan 'n verskillende Afrikaland, wat soortgelyke eien­skappe as “gewone” geld daaraan sal verleen.

Die hoop bestaan dat dit handel tussen Afrikalande sal vergemaklik en beleggings sal stimuleer.

“Verskeie maatskappye in Afrika dryf handel oor landsgrense heen en dis algemene kennis dat dit 'n belemmering kan wees om verskaffers te betaal. 'n Unieke kriptogeldeenheid aan Afrika sal betalings tussen lande baie vergemaklik,” sê Gordon.



Gekoppel aan bestaande

geldeenhede

Daar word beplan dat die waarde van die African Master Coin ook gaan wissel van land tot land, nes die geval met fisieke geldeenhede.

Volgens Gordon sal die waarde van een eenheid van die digitale geldeenheid aan die betrokke land se geldeenheid gekoppel word. “As tien Africa Master-eenhede gelykstaande is aan R1, dan sal dit die wisselkoers wees waarteen dit vir altyd in daardie land sal verhandel.”

Die maatskappy meen digitale geldeenhede soos Africa Master Coin sal ook 'n land met lae kontantreserwes, soos Zimbabwe, kan help.

“Kriptogeld sal die burgers van Zimbabwe beskerm teen hiperinflasie, 'n skommeling in die wisselkoers en finansiële onsekerheid,” sê Gordon.

Die feit dat soveel Afrikane reeds toegang tot 'n selfoon het, is voordelig vir die maatskappy, meen hy, aangesien transaksies met digitale geldeenhede per definisie aanlyn moet plaasvind.

“Africa Master Coin is nie net vir groot winkelgroepe of beleggers nie, dis ook vir gewone mense wat 'n veilige en maklike manier soek om internasionale aankope te doen, oorsee te reis of geld aan familie­lede te stuur.”

Trapeace se aankondiging kom kort nadat pres. Cyril Ramaphosa op 'n beraad oor vrye handel in Afrika in Kigali, Rwanda, gesê het daar is 'n behoefte na 'n enkele geldeenheid op die vasteland. Hy sluit nie die moontlikheid uit dat dit 'n digitale geldeenheid kan wees nie. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!