Afrika nog ’n tree nader aan vrye handel
Die gebied sal 1,2 miljard mense met ’n geraamde bruto binnelandse produk van sowat $2 500 miljard insluit.
Bloomberg – Terwyl die handelsoorlog tussen die VSA en China ekonomieë wêreldwyd deurmekaarkrap, is Afrika stil-stil besig om die wêreld se grootste vryhandelsone te vestig.
Die Afrika- kontinentale vryhandelsgebied het Donderdag amptelik van krag geword nadat die minimum vereiste van 22 lande dit ’n maand gelede bekragtig het.
Sodra dit bekragtig is deur al 55 lande in Afrika wat lid is van die Afrika-Unie, sal die vryhandelsgebied 1,2 miljard mense met ’n geraamde bruto binnelandse produk van $2 500 miljard insluit.
Jakkie Cilliers, hoof van Afrika-toekomsstudies en -innovasie by die Instituut vir Sekerheidstudies in Pretoria, sê die ooreenkoms kan die vasteland help om weg te beweeg van die blote uitvoer van hulpbronne na die bou van vervaardigingsvermoë en industrialisasie.
Beter streekhandel kan die bou van paaie en spoorweë aanspoor en Afrika se infrastruktuurgaping vernou, sê Cilliers.
Intra-Afrika-handel beslaan tans net 15% van die vasteland se totale handelsbedrywighede teenoor 20% in Latyns-Amerika en 58% in Asië, volgens die African Export-Import Bank wat in Kaïro gesetel is.
Dié bank sê ook in ’n 2018-verslag dit kan teen 2022 met 52% groei en binne die eerste dekade nadat die vryhandelsooreenkoms in werking getree het, kan dit verdubbel.
Presies hoe die vryhandelsone sal werk, sal nou in fases onderhandel word en die verwagting is dat dit teen 2030 ten volle in werking sal wees. Nie-handelsversperrings, soos vertragings by hawens en politiek, sal aandag moet kry voordat die plan om heffings op 90% van goedere te verwyder ’n werklikheid sal kan word.
Lande wat van die inkomste van dié heffings afhanklik is, sal ook oortuig moet word om dit te laat vaar.
Nigerië is een van die struikelblokke vir integrasie.
Saam met Benin en Eritrea het Nigerië nog nie eens die ooreenkoms onderteken nie. Pres. Muhammadu Buhari bestudeer tans ’n impak-ontledingsverslag hieroor.
Volgens Tshepidi Moremong, hoof van Afrika-dekking by Rand Merchant Bank, kan die plan teenstand kry van Nigerië se oligopolieë wat “superwinste” in dié land maak.
Sy waarsku ook lande se interne politiek kan ’n struikelblok wees.
“In elkeen van ons lande is daar werklike kwessies wat aandag moet kry en mense wil sien dat hul regering aan hul dag-tot-dag-probleme aandag gee,” sê Moremong.
“Dit gaan heelwat verg om ’n mark oop te maak vir mense van ander dele van die vasteland om vrylik in jou land te kom handel dryf.”
– Bloomberg, verwerk/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie