Afrika ontvang eerste entstowwe van Covax
Afrika ontvang eerste entstowwe van Covax

Afrika ontvang eerste entstowwe van Covax

Henriette Lamprecht
Ghana en die Ivoorkus het met die immunisering van hul gesondheidswerkers teen Covid-19 begin en sodoende die eerste lande in Afrika geword wat entstowwe gebruik wat deur Covax bekom is en waarvan Namibië deel is.

’n Verdere 11 miljoen dosisse sal vandeesweek versprei word. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) gaan Covax tussen nou en die einde van Mei 237 miljoen dosisse van die AstraZeneca/Oxford-entstowwe toeken aan 142 deelnemende ekonomieë in Covax. Laasgenoemde sal vandag die eerste rondte van die toekennings bekendmaak en wat die meerderheid lande deel van die geriewe insluit.

Die aflewering is die begin van wat die grootste, vinnigste en mees kompleks globale uitrol van entstowwe in die geskiedenis sal wees.

In totaal mik Covax om ten minste twee miljard dosisse Covid-19-entstowwe teen die einde van die jaar af te lewer. Dit sluit ten minste 1,3 miljard aan die 92 ekonomieë wat vir ondersteuning deur Covax vir ondersteuning in aanmerking kom.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!