Afrika se afknypkultuur
Yochanaan Coetzee - Een van die goed wat my baie bly gemaak het in my jonger dae, is hoe oop mense se harte en hande vir hul medemens was.
As kleintjie by my ouma se ou huisie in Sonop in Mariental se stowwerige strate, was die manier waarop die gemeenskap mekaar gedra het, vir my so besonders om te sien en te ervaar.
Al het die mense min gehad, was daar altyd genoeg om te deel. Al was dit net ’n koppie mieliemeel, ’n paar vuurhoutjies of selfs ’n enkele ui, was die daad om iemand te kan “ou” (help) ’n voorreg, ’n plesier en vreugdevolle feesviering van ubuntu - daardie gees van gee en dat ék is omdat jy is.
Later jare, toe ek begin werk het, en voor daar ’n KFC in die Suide was, was dit een van my en my ouma se onuitgesproke ooreenkomste dat ek vir haar ’n emmer vol vlerkies en boudjies moet saambring wanneer ek gaan kuier.
Wanneer daai emmer geland het, het sy al haar kleinkinders, en al my ooms en tannies bymekaargemaak en vir elkeen ’n stukkie afgeknyp.
Wanneer alles klaar was en die emmer leeg, het sy haar vingers afgelek en die grootste glimlag op haar gesig gehad, al het sy nie eers selfs daarvan gekry nie.
In daardie oomblikke het ek oor en oor besef ’n boudjie kan baie meer beteken en selfs beter smaak as jy dit met ander deel.
Daardie herinnering sal my altyd bybly. In my leeftyd was die liefde, omgee en ondersteuning van ander mense een van die grootse faktore wat my gebring het waar ek is, al is dit nie juis watwonders nie.
Diegene wat my onder hul vlerk geneem het, gevoer het, geklee het en selfs net die tyd geneem het om met my te gesels en ’n bietjie van hul wysheid met my te deel, kan ek nooit werklik vergoed of terugbetaal nie.
Maar in ’n gesprek met ’n goeie vriend op ou Oujaarsaand het ons die volgende besef: Dis nie altyd moontlik om mense met geld of ’n soortgelyke beloning te vergoed nie, maar dis moontlik om te wys dat jy dit waardeer deur die beste van jou lewe te maak.
Hoewel dit meestal beter voel om jou hart of beursie toe te hou, veral in hierdie skraal tye, is dit werklik ’n wonder dat mense nog omgee, en dít sonder om dit op sosiale media te deel.
Al is dit daai stukkie brood wat jy pouse met jou skoolmaats deel of daai middagete met ’n kollega wat daai dag bietjie sukkel, of selfs daai paar dollar wat jy afstaan aan iemand wat by ’n parkeerterrein se betaalpunt vasbrand - dit maak ’n verskil. Dis kragtig.
Terselfdertyd is dit nie die moeite werd om te gee as jou hart nie daarin is nie.
Selfs die ontvanger se vreugde sal daarmee heen wees. Om ’n broodjie voor iemand se gesig te rond te waai, net sodat jy dit op Facebook kan laai, wys dat jy eintlik aan jouself wil gee en nie aan ’n ander nie.
Baie van ons het te veel, maar voel so min.
Moet ook nie toelaat dat jou hart hard raak ná jy dalk jou vingers verbrand het nie.
Die lewe is lank en as jy nie vir jou medemens omgee nie, is jou lewe minderwaardig.
Moenie alles wat jy het, weggee nie; knyp af wat jy kan en jy sal talle klein seëninge ontvang.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie