Afrika se musiekhelde gevier
Op 26 het Namibië Heldedag gevier, en nou word die helde van Afrika-musiek gevier.
Dié geleentheid, getiteld African Beats, vind op Saterdag 27 Oktober by Windhoek se skougronde plaas.
Bekende kunstenaars soos Gina Jeanz 340million, Skepta, Shekinah en Langa Mavuso gaan vanjaar die skare by African Beats behoorlik op hul voete hê.
Gina Jeanz is een van die hoofkunstenaars wat die Red Bull Music-verhoog sal betree en feesgangers met haar oorspronklike klanke sal vermaak.
Gina was in 2017 een van die eerste Namibiese platejoggies om by die beroemde Rocking The Daisies-musiekfees in Suid-Afrika op te tree.
Haar futuristiese benadering tot musiek maak haar baie gewild, veral in Suid-Afrikaanse musiekkringe.
Haar klank is ‘n mengsel van bas- en stemklanke en maak haar enig in haar soort by African Beats.
‘n Ander musikant wat die vieringe na verwagting sal bywoon, is Shekinah. Haar pop- en RnB-klanke het al golwe oraloor Suid-Afrika gemaak, en vir drie Sama-toekennings (South African Music Awards) gesorg, wat een vir beste album, beste nuweling en beste vroulike kunstenaar van die jaar insluit.
Shekinah verteenwoordig Afrika-musiek in al sy vorms.
Belangstellendes kan uitsien na liedjies wat dié kunstenaar saam met die swaargewig Suid-Afrikaanse sanger Black Coffee gesing het, haar eie enkelsnit, “Your Eyes”, wat diamantstatus bereik het, en meer.
Moenie dié viering misloop nie!
Kaartjies vir die geleentheid is by Pick n Pay of aanlyn by www.webtickets.com.na beskikbaar.
Geen onder 18’s toegelaat nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie