Afrika se soepel lywe kom The Dome toe

Gimnastiek
Die Gimnastiekfederasie van Namibië (GFN) bied volgende maand die 14de Afrika-kampioenskap vir vroue en mans se artistiese gimnastiek by The Dome op Swakopmund aan.

“Dit is so 'n voorreg dat die gimnastiekgemeenskap van Afrika ons land toevertrou het om hierdie geleentheid te reël en aan te bied,” sê Britt Adonis, woordvoerder van GFN.

Egipte, Algerië, Tunisië, Marokko, Angola, Suid-Afrika en die gasheerland Namibië het reeds hul deelname vanaf 6 tot 13 Mei in die kusdorp se veeldoelige sportkompleks bevestig.

Die uiters gesogte kontinentale krone word betwis onder Afrika se beste junior en senior gimnaste in beide span- en individuele kompetisies.

Die geleentheid, wat onder die vaandel van die Internasionale Gimnastiekfederasie (FIG) sowel as die Afrika-Unie van Gimnastiek (UAG) staan, sal verder dien as Afrika se amptelike kwalifiserende toernooi vir die komende Olimpiese Jeugspele in Argentinië later vanjaar.

Alle beamptes wat by die kampioenskap sal beoordeel, is by die wêreldbeheerliggaam geakkrediteer en dit gee die byeenkoms 'n verdere internasionale flair.

“Die Namibiese federasie is baie gelukkig om die wêreldklas fasiliteite van The Dome op Swakopmund tot sy beskikking te hê. Alle kompetisies sal by hierdie fasiliteite plaasvind en dit sal beslis 'n opwindende gebeurtenis wees,” het Adonis beklemtoon.

Dave Hammond, bemarkingsbestuurder van The Dome, het gesê: “Ons sien uit daarna om die elite van Afrika se gimnastiek in ons kompleks te verwelkom. Ons is vol vertroue dat dit 'n goeie toernooi sal wees, nie net vir Namibië nie, maar die hele Afrika-vasteland. “

Die Gimnastiekfederasie van Namibië het voor die toernooi 'n ruim borgskap van die Chinese maatskappy Tiashan ontvang. Die gimnastiekvervaardiger voorsien twee volledige stelle van FIG-goedgekeurde toerusting, waarsonder die geleentheid nie moontlik sou wees nie.

Ander borge en belanghebbendes sluit in The Dome Swakopmund, Paratus Telecom en die Namibiese Brouerye.

Die kontingent Namibiese gimnaste wat by die geleentheid sal meeding, sal binnekort aangekondig word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!