Afrika-spioene wil eenheid versterk
Die Afrika-unie se komitee vir intelligensie- en sekuriteitsdienste het verlede week 'n byeenkoms in die hoofstad gehou om toepaslike kwessies te bespreek.
Augetto Graig
Afrika se intelligensie- en sekuriteitsgemeenskap het verlede week in Windhoek vergader.
Die 15de gewone sessie van Afrika se komitee vir intelligensie- en sekuriteitsdienste (CISSA) het verlede Sondag reeds afgeskop en Saterdag ten einde geloop.
Intelligensie- en sekuriteitsbeamptes, asook verteenwoordigers van regeringsorganisasies het hieraan deelgeneem.
Die vorige sessie het in 2006 plaasgevind.
Die amptelike opening van hierdie unieke byeenkoms het Donderdag by die Safari Hotel en Konferensiesentrum in die hoofstad plaasgevind.
Daar het genl. Salah Abdallah Gosh van Soedan, CISSA se uittredende voorsitter, die belang van samewerking en die deel van inligting onder die verskillende Afrikalande se intelligensie- en sekuriteitsorganisasies bespreek – veral sodat dreigemente van vrede en veiligheid aangespreek kan word en onwettige migrasie bekamp kan word.
Tydens Gosh se leierskap het CISSA Niger en Libië besoek en in samewerking met hierdie lande onwettige migrasie volledig ontleed en aan die Afrika-unie (AU) voorgelê.
Om die migrasiekrisis in Afrika te bekamp, moet 'n beleid van vrye beweging op die vasteland versnel word, het Gosh gesê.
Onder sy leiding is ook daaraan gewerk om terrorisme en gewelddadige ekstremisme te bekamp.
Vir beide dié pogings is samewerking tussen nasionale veiligheidsorganisasies van kardinale belang en hy het Afrikalande aangemoedig om met AfriPol saam te werk om georganiseerde oorgrensmisdaad te bekamp, het hy gesê.
EENHEID VERSTERK
“Ons is hier om die eenheid van intelligensie- en sekuriteitsdienste in Afrika te versterk en hoop ons voorstelle sal tot beleidsbesluite in Afrika bydra om ons godgegewe natuurlike en menslike hulpbronne goed te bestuur,” het Gosh gesê.
By dieselfde geleentheid het mnr. Philemon Malima, die direkteur-generaal van die Namibië Sentrale Intelligensiediens (NCIS), gesê Afrika word deur groot uitdagings op die gebied van veiligheid en sekuriteit bedreig.
Hy het gesê die vasteland se intelligensiegemeenskap se reaksie op hierdie dreigemente word deur 'n tekort aan hulpbronne en vermoëns gepootjie.
Multilaterale forums soos CISSA moet oplossings hiervoor vind, het hy gesê.
Malima sal namens Namibië CISSA se nuwe voorsitter wees.
Die byeenkoms se tema was “Die verbetering van menslike veiligheid deur billike hulpbronbestuur vir volhoubare vrede en stabiliteit in Afrika”.
Volgens mnr. Nangolo Mbumba, Namibië se visepresident, wat die hoofspreker by die openingseremonie was, is die behoorlike bestuur van hulpbronne die kern van dié kwessie op die vasteland.
“Die meeste konflik in Afrika word deur hulpbronoorloë aangevuur,” het hy gesê.
“Sommige samelewings verval in terrorisme en ekstremisme wanneer hulle deur hul eie regering gemarginaliseer word – veral op die gebied van die regverdige deel en bestuur van hulpbronne,” het hy gesê.
Mbumba het gesê dit is die onregverdige verdeling van hulpbronne wat Afrika se mense aanspoor om in groot getalle na Europa te migreer en dat die probleem opgelos kan word deur hulpbronne beter te verdeel en deur plaaslike vennootskappe te bou, werksgeleenthede te skep en rykdom te bou.
Mbumba het gesê verskeie faktore dra tot konflik in Afrika by en die lede van CISSA moet hul pogings verdubbel om eerstens vrede en stabiliteit te verseker, maar ook om persoonlike veiligheid, maatskaplike en ekonomiese sekuriteit, migrasie, voedselsekerheid, gesondheid- en omgewingsekuriteit te handhaaf. Hiervoor is dit noodsaaklik dat inligting oor moontlike sekuriteitskwessies met beleidmakers in die Afrika-unie gedeel word, het hy gesê.
Mbumba het gesê 51 lande in Afrika is deel van CISSA en die sekuriteitsgemeenskap is dus verantwoordelik vir die lewens van 1,1 miljard mense op die vasteland.
Dus moet die wyer kwessies met betrekking tot veiligheid in Afrika deur CISSA-lede in ag geneem word, het hy gesê.
“As hoofde van intelligensie- en sekuriteitsdienste moet julle inligting van goeie gehalte verskaf en betyds maatreëls en meganismes in werking stel sodat ons kan ophou toelaat dat ander lande ons beïnvloed of vir ons voorsê wat vir ons goed is, en hoe en met wie ons moet onderhandel. Sulke omstandighede is bloot outydse neokolonialisme en moet ten alle koste vermy word,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie