‘Afrika, staal julle vir moontlike vloede’
Droogtekonferensie: Hoëvlakbesprekings begin
Elvira Hattingh - Afrika moet voorbereidings tref vir die La Niña-weerverskynsel, wat na verwagting teen Oktober gevorm sal wees en vloede na die vasteland kan bring.
Terselfdertyd sal die nagevolge van die afgelope El Niño nog vir jare lank gevoel word.
Me. Monique Barbut, uitvoerende sekretaris van die Verenigde Nasies se konvensie vir die bestryding van verwoestyning (UNCCD), het gister gesê na afloop van die komende La Niña, sal Afrikane vir ’n ruk lank weer “rustiger kan asemhaal”.
Sy het tydens die begin van die hoëvlak vergaderings van die Afrika Droogtekonferensie gepraat, wat amptelik deur president Hage Geingob geopen is.
Volgens haar is wetenskaplikes dit eens dat mense wel binne hierdie eeu by droogtes sal aanpas, maar terselfdertyd sal die ongeveer 400 000 boere in Afrika moeilike tye ervaar, daar sal ’n tekort aan water en grond wees en 65% van die vasteland se bewerkbare landbougrond sal deur droogtes geraak word.
“Dit sal Afrika-lande se bruto binnelandse produk beïnvloed en sommige boere sal hul plase moet verlaat,” het sy gesê.
Sy het gesê Afrikane moet egter voortgaan om op ontwikkelingsprojekte te fokus, maar terselfdertyd vroeë waarskuwingstelsels ontwikkel, kwesbaarhede identifiseer en die toewyding van hoëvlakpolitici verseker.
“Die landbou-, energie- en toerismesektor is veral gevoelig vir droogte en praktiese oplossings moet ingestel word. Dit sluit in die ontwikkeling van volhoubare besproeiingstelsels, die herwinning van water, die verbetering van produktiwiteit in landbou asook verbeterde hulp vir landbou-aktiwiteite,” het sy gesê.
Geingob het gesê die jongste syfers dui aan dat 25% van die Namibiese bevolking tans ’n gebrek aan voedselsekerheid ervaar.
“Die werklikheid is dat verskeie Afrika-lande nie oor enige droogtebeleid beskik nie – ons het ’n strategiese raamwerk nodig om as ’n oorhoofse riglyn te dien sodat ons dienooreenkomstige beleid asook ’n reeks noodsaaklike kwessies vir droogtebestuur kan opstel,” het hy gesê.
Volgens hom maak boere se afhanklikheid van reën in verskeie Afrika-gebiede die lande kwesbaar vir katastrofiese gevolge van droogte. Hy het gesê navorsing dui aan dat meer ontwikkelde Afrika-lande moontlik meer aan droogteskokke blootgestel is.
Voorts sal politici en besluitnemers die kenners se insette van die afgelope dae vir die strategiese raamwerk in ag neem, waarna die finale dokument vandag aanvaar sal word en as die “Windhoek-verklaring op Droogteveerkrag in Afrika” bekend sal staan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie