Afrika staan tou vir kernkrag
Zambië het die afgelope week by die Russiese kernkragskou AtomExpo in Sotsji aan die Swartsee 'n kontrak met Rosatom onderteken vir die oprigting van 'n sentrum vir kernwetenskap en -tegnologie.
Die sentrum naby Lusaka sluit in 'n kernnavorsingsgerief, 'n multifunksionele waterverkoelde reaktor van 10 MW, en 'n kernmedisyne-sentrum.
Alle aanduidings is dat Ghana en Kenia ook ooreenkomste kan aangaan.
Maar senior Russiese amptenare het aan Rapport gesê hulle verwag dat Suid-Afrika tans geen ernstige besluite sal neem nie.
AtomExpo bring jaarliks internasionale kernkragkenners na Rusland om nuwe tendense in die bedryf te bespreek. Bilaterale en kommersiële ooreenkomste word ook hier onderteken.
Die geleentheid word georganiseer deur die staatsfirma Rosatom, en vanjaar se tema was “Global Partnership – Joint Success”.
Vanjaar was Kelvin Kemm, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Kernkragkorporasie (Necsa), die enigste Suid-Afrikaanse staatsamptenaar.
Oudpres. Jacob Zuma van Suid-Afrika het Rosatom verkies vir die kernprogram. Kirill Komarof, Rosatom se internasionale sake-adjunkdirekteur, sê sy firma is gereed wanneer Suid-Afrika sou besluit om voort te gaan met sy kernbouprogram, maar die meeste Russe by die kongres verwag nie gou 'n versoek vir voorstelle (RFP) nie.
Ghana het verskeie staatsamptenare na die skou gestuur. Robert Sogbadji, Ghana se adjunkdirekteur vir kernkrag, sê Ghana wil twee kernkragstasies in ses jaar bou. Ook Kenia het verskeie vergaderings met Rosatom gehou.
Die Suid-Afrikaanse regering was egter tjoepstil. – Netwerk24/Rapport

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie