Afrika-varkpes versus varkgriep: su00f3 verskil dit
Afrika-varkpes versus varkgriep: su00f3 verskil dit

Afrika-varkpes versus varkgriep: só verskil dit

Die Varkprodusentevereniging van Namibië (PPAN) het ná die onlangse uitbreking van Afrika-varkpes in die noorde van Namibië asook die Oos-Kaap talle oproepe ontvang waaruit dit geblyk het mense verwar dié dieresiekte met varkgriep.

Die vereniging sê die Namibië Landbou-unie (NLU) se weeklikse nuusbrief daar is groot verskille tussen Afrika-varkpes (ASF) en varkgriep. “Ons wil graag hierdie verskille verduidelik om wanopvattings uit die weg te ruim,” sê die vereniging en voeg by die volgende eienskappe onderskei die twee:

Afrika-varkpes (ASF) word veroorsaak deur 'n DNS-virus wat baie stabiel is en nie die mens beïnvloed nie.

Dit kom slegs by huishoudelike varke en sommige wilde varkrasse voor, bv. vlakvarke.

Die bron van ASF-infeksie is sagte bosluise (tampans) wat in vlakvarkgate lê.

Hierteenoor word varkgriep deur 'n RNS-virus veroorsaak en beïnvloed baie soogdiere, voëls asook die mens.

Klassieke varkgriep by varke word veroorsaak deur 'n subtipe van die griepvirus bekend as H1N1 ('n lid van die A-tipe griepvirusse).

Dr. Peter Evans, verantwoordelik vir verbruikersbeskerming by die Suid-Afrikaanse Varkvleisprodusente-organisasie (SAPPO), beklemtoon die volgende:

• Varkgriep versprei nie via vleis nie; en

• In lande wat die griep het, het geen abattoirwerkers of varkvleis­verwerkers ooit positief getoets vir die teenliggaampies nie.

Laastens benadruk die Varkprodusentevereniging die vleis van varke wat hierdie siektes het, is veilig vir menslike gebruik.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer