Afrikaans Blitsbokke se ‘wapen’
Die Blitsbokke gebruik Afrikaans as ’n geheime wapen sodat ander spanne nie hul taktiek kan afluister nie.
Marnus Kok - Dit is omtrent ’n algemene gesig dat die Blitsbokke se afrigter, Neil Powell, tydens rustyd – wanneer sy span ’n kringetjie vorm – sy bevele in Afrikaans aan die spelers gee.
Hoewel Afrikaans uiteraard Powell se moedertaal is, word dit as ’n teenvoeter ingespan vir die kameramanne wat reg langs die kringetjie kom staan en dikwels hul kameras omtrent in die sirkel indruk om die kyker by die huis se ervaring te verbeter.
Met kameras en mikrofone wat die wêreld vol is, beteken dit egter ook dat teenstanders omtrent dadelik weet wat beplan word. Behalwe natuurlik as daar Afrikaans gepraat word en hulle nie ’n woord verstaan nie.
“Ons is nogal daaroor (die feit dat Afrikaans gepraat word) gekritiseer, want mense vra hoekom doen ons dit,” het Ashley Evert, spanbestuurder van die Blitsbokke, dié week in ’n onderhoud met Netwerk24 gesê.
“Ek sit in die analisekamer (waar beamptes van al die spanne sit) en al die ouens is met oorfone en mikrofone verbind.
“Hulle luister presies wat met rustyd gesê word en dit word direk oorgedra (aan die afrigter en spelers).
“Dit is een van ons wapens; ons het ’n taal wat geen ander span kan praat nie en almal is gemaklik daarmee. Dit is nie dat ons nie respek vir ander tale of mense het nie. En die spelers besef dit.
“Siviwe (Soyizwapi) en Seabelo (Senatla) en selfs Dylan Sage, wat ’n wit ou is en wie se Afrikaans nie die beste is nie, verstaan wat gesê word,” sê Evert.
Anders as spanne soos Engeland of Amerika, wat uit spelers bestaan wat meestal net een moedertaal het, is daar by Suid-Afrika spelers wie se huistaal Afrikaans, Engels, Sotho, Xhosa en Zoeloe is. Maar Evert sê dit dra by tot die uniekheid van die span.
“Ons kan vir mekaar lag. Soos wanneer Neil Engels praat en die verkeerde woord gebruik en sy aksent is boonop snaaks.
“Net so wanneer die Engelse ouens probeer Afrikaans praat. Die ouens is so gemaklik met mekaar, dat die verskille wat daar is eintlik ’n uniekheid in mekaar uitbring.
“Ons het ’n diverse groep en dit is soos ’n familie. Ons praat baie van ons kultuur, iets wat uniek is. Wanneer ons bymekaar is, het ons egter ’n gemene kultuur.
“Jou kultuur en die manier waarop jy dinge by die huis doen, is belangrik en ons respekteer dit. Wanneer ons saam is, maak ons seker dat die dinge wat ons doen in die belang van ons as familie is,” sê Evert. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie