Afrikaans is ‘deel van my wese’
Dr. Chrisna Beuke-Muir, senior lektor aan die Universiteit van Namibië (Unam), is onlangs as nuwe ondervoorsitter van die Internasionale Vereniging vir Afrikaans (IVA) tydens hul jaarvergadering op Stellenbosch verkies. Die voorsitter is dr. Amanda Lourens van die Universiteit van Stellenbosch.
Die IVA, ’n inisiatief van die Afrikaanse Taalraad, se doel is om gehalte onderrig in Afrikaanse taal- en letterkunde as vak en onderrigtaal op veral akademiese vlak te bevorder.
Chrisna sê omstandigehede het gemaak dat sy haar brood met haar moedertaal verdien.
“Tydens my tweede jaar medies moes ek telkens badkamer toe hol so tussen die kadawers deur om op te gooi, terwyl my medestudente hul toebroodjies met smaak in die geselskap van die oorledenes kon nuttig.”
Dis tóé dat sy besef sy sal ’n ander koers moet inslaan as sy enigsins geleerdheid wil hê.
“Dit was die begin van my tweede jaar en die teleurstelling was groot! Maar toe gebeur ’n ander liefde: Afrikaans het een van my hoofvakke geword en die koeël was deur die kerk. Dit was my eerste kennismaking met die lewensfeit dat as een deur vir jou toegaan, ’n ander vir jou oopgemaak word – en ek glo dit vandag nog onomwonde.”
Afrikaans is haar werk, maar sy beskou dit as meer as net dit, sê sy.
“Afrikaans is my werk, maar dis ook deel van my wese. Dit was ook die taal van my ma en pa. Dikwels dink ek dat ek nie soos my ingenieurman ’n dam ontwerp of iets konkreet tot stand bring nie, en dat ek my lewe eintlik ómspeel – en dit nogal met woorde.
“Ek wil nie taalmense kwaad maak deur te kenne te gee dat wat ons doen nie belangrik is nie. Natuurlik is dit belangrik. As taal nie in stand gehou word nie, kan die ingenieur nie sy plan effektief oordra nie. Dan sal die vakmanne, soos die bouers van die toring van Babel destyds, hul hande in die lug gooi, hul spanners op die grond smyt en hul rûe op die halfgeboude toring draai en wegstap. En hoe sou ons dán in die hemel kom?!”
Afgesien van praktiese redes, soos oorlewing, is dit Afrikaans se lyf en hart wat Chrisna liefhet.
“Dit wat sy vir haar praters inhou sonder dat hulle dit aldag besef. Behalwe as sê-instrument in ons hande, staan ons taal wydsbeen oor twee kontinente, en dit maak dat ek huil as ek in ’n katerdraal in Nederland instap en die mooi klassieke musiek hoor, en dat my hart van opwinding ruk as ek terug by die huis weer die tromme van Afrika hoor en die klanke van my mense ervaar.”
Afrikaans het haar gemaak wat sy vandag is en laat haar ontsettend ryk voel, sê sy.
Die indruk dat Afrikaans ’n maklike taal is, is nie noodwendig reg nie. Chrisna sê
Afrikaans is maklik as mens dit met Nederlands en Duits vergelyk.
“Daar’s nie ’n ge-die, -der en -das nie, en byvoorbeeld nie die talle sterk werkwoorde waarmee my studente in die Nederlandse taalkunde swoeg nie. Maar uiteraard het ons koppige taal haar onhebbelikhede, soos dat die meervoud van gat gate en nie gatte is nie – wel, noudat ek daaraan dink, is dit dalk nie ’n goeie voorbeeld nie, maar die leser is bewus van die taalreël (kort klank en dubbele konsonant) en sal begryp – een kop, maar baie koppe en een dop, maar baie doppe.
Toe Chrisna wou walgooi teen die voorstel dat sy ondervoorsitter van IVA moes word, omdat dit nie ideaal is as so iemand in Namibië sit “met die Oranjerivier en die barre Suide tussen ons en die moederland” nie, en omdat die Windhoek Woordfees reeds haar bord vol lê, is sy gerusgestel dat die ondervoorsitter en die bo-voorsitter “soos die koningin van Engeland is”.
“Ek het dus gemaak-nederig en gevlei ingegee. Maar op ’n ernstiger noot: Ek sal uiteraard instaan vir die voorsitter indien nodig. Verder sal ek my energie inploeg in ’n aksie van bewusmaking van die taal op internasionale vlak, met dié voorwaarde dat dit plaaslik nie afgeskeep word nie. Van Afrikaans word internasionaal kennis geneem, en word aan ’n hele paar universiteite oorsee gedoseer.
“Die internasionale mark beskou Suid-Afrika (waarskynlik met reg) as die kern van die Afrikaanse taal, en kyk dikwels die unieke dimensie wat die taal in Namibië aanneem mis, of is eenvoudig nie daarvan bewus nie.”
Sy wil hierdie opvattings graag aandurf en verander.
Iemand wat so bedrewe in die taal is, moet sekerlik ’n gunstelingwoord in Afrikaans hê?
“So tussen die akademiese bedrywighede deur verskaf dit my groot genot as ek Afrikaans loslit kan gebruik as niemand kyk of luister nie.”
“Goeters” of “goeterse” sê sy is haar gunstelingwoord.
“Dan is Afrikaans een van my ‘goeterse’ wat ek soos lekker uitgetrapte tekkies kan aantrek en in gemaklik kan voel,” sê sy.
Is daar spesifieke planne vir Afrikaans en die bevordering daarvan in 2019 in Namibië?
“Vir die eerste keer bied Windhoek Woordfees ’n literêre geldprys (in totaal N$20 000) vir Namibiese aspirantskrywers aan,” sê sy opgewonde.
“Van Republikein se lesers het beslis die potensiaal om skrywers te word.”
Sy stel voor aspirantskrywers hou die Windhoek Woordfees se webtuiste dop vir meer inligting.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie