Afrikaans laat wit heerskappy voortbestaan – Malema
Die tesis vir sy BAHons(Phil) handel oor Afrikaans se rol in die voortbestaan van wit heerskappy – maar dis nié gemik teen die mense wat die taal praat nie, sê Julius Malema.
Die honneursgraad in filosofie is Woensdagaand by die Universiteit van Suid-Afrika se gradeplegtigheid in Pretoria aan die EFF-leier, Julius Malema, toegeken.
“Ek glo sterk dat Afrikaans gebruik word om wit heerskappy te laat voortbestaan in Suid-Afrika,” het Malema ná sy gradeplegtigheid gesê.
“As jy sê Afrikaans Must Fall, is dit nie noodwendig teen die mense wat Afrikaans praat nie, maar dit is teen Afrikaans as ’n simbool wat witheid laat voortbestaan.”
Malema sê sy studies was nie altyd maklik nie.
“Ek moes baie dinge in my lewe verander sodat ek ’n akademiese program kon inpas.”
Hy was veronderstel om tydens die Staatsrede in Februarie eksamen te skryf, en sou dit eerder toe wou aflê.
“Toe ek hoor dat pres. Jacob Zuma soldate ingeroep het na die parlement, moes ek daardie eksamen uitstel om te gaan leiding gee.”
Malema se kollegas van die EFF, onder andere Floyd Shivambu, die adjunkhoof van dié party en Mbuyeseni Ndlozi, die EFF se nasionale woordvoerder het ook die geleentheid bygewoon.
“Ons is trots op sy prestasie omdat dit die indruk by ons almal laat om onderrig hoog te ag. Met al die druk om ons mense te dien in die EFF, in die parlement en in Afrika, het Malema steeds tyd gemaak om sy opvoeding te verbeter,” het Ndlozi vroeër in ’n verklaring gesê.
Hy sê dat die EFF dié stelling maak in die wete dat universiteitgelde die grootste struikelblok bly vir baie mense wat toegang tot onderrig wil kry.
Malema het vroeër ’n diploma in jeugontwikkeling voltooi en sy BA-graad in kommunikasie en Afrikatale ontvang, albei aan Unisa. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie