Afrikaans lig lekka lawwe vlerke
Sonnette Lombaard
Met die millenniummens sterk op pad om in die volgende dekade op Mars te land, mars die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) met mening aan om teen 2030 sy eeuviering te vier!
In opmars na hierdie mylpaal, is 2021 ’n groot jaar vir die ATKV. Een waarin sy maaksaak vir alle Afrikaanssprekendes in die moderne era oral met oemf sal eggo. As afskop hiervan, word ’n opwindende bemarkingsveldtog vanaf middel Junie op alle platforms van stapel gestuur.
Met die tema “Belê in jouself, belê in jou toekoms, #weesdieverskil” wil die organisasie sy doelwit om ’n werklike verskil in die wêreld Afrikaans te maak, wyd laat weerklink.
“Daarmee daag die ATKV Suid-Afrikaners uit om vanjaar, nie net hand in eie boesem te steek en só die wêreld om hulle te verander nie, maar terseldertyd met die hulp van die ATKV positief in hul menswees te belê,” sê Johan Jack Smith, die redakteur van Taalgenoot.
Die ATKV-span en medewerkers het verlede naweek kamp opgeslaan in Krugersdorp om die advertensies vir die veldtog, asook die voorblad van en binnefoto’s vir die storie daaroor in die nuwe winter-uitgawe van Taalgenoot te skiet.
Vier gevatte Afrikaanssprekende bekendes, volksgeliefd vir hul veelsydigheid en veral humorsin, is gekies om die veldtog se boodskap te help uitdra.
Cindy Swanepoel (dr. Annelize Roux) en Germandt Geldenhuys (kroegbestuurder en IT-foendie Louis Koster) is albei geliefde sterre van kykNET se gewilde dramareeks Binnelanders, wyl radiovrou Lundi Khoisan en veteraan-akteur en -regisseur Terence Bridgett se gesigte en stemme g’n bekendstelling nodig het nie.
Die viertal is gekiek in prettige monderings op verskillende stelle binne en buite om te wys hoe die ATKV betrokke is in elke fase van sy lede se lewens: van jonk tot oud!
Die veldtog bevestig die ATKV se tydige aanpassings om nege dekades later aktueel en relevant te bly en aktief te werk aan sy strewe om in elke fase van sy lede se lewens ’n positiewe verskil te maak. Sy 30 jaarlikse kultuurprojekte betrek reeds meer as 220 000 lewens oraloor grense.
Wees op die uitkyk vir die viertal bekkiges wat jou binnekort sal inspireer en aanspoor om deel te wees van die lekkerte om in jou moedertaal met mekaar te verkeer en só saam met die ATKV vooruit te groei en die Afrikaanse taal en kultuur se lewendige skatte uit te bou en te bewaar.
* Sonnette Lombaard is van Taalgenoot.
Lees meer hieroor by (QR): https://q.my.na/L4D2
Kyk hier na die video (QR): https://q.my.na/WFPR

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie