Afrikaans-onnies hou aan leer
Afrikaans-onnies hou aan leer

Afrikaans-onnies hou aan leer

Onderwysers het onlangs in die hoofstad bymekaargekom om hul onderrigvaardighede te slyp.
Maria Eiseb
Maria Eiseb

By die 18de jaarlikse kongres van die Professionele Vereniging vir Afrikaans-taalonderrig in Namibië (PVATN) het groot opgewondenheid onder onderwysers geheers - veral onder dié wat die kongres vir die eerste keer bygewoon het.

“Dit is ’n jaarlikse byeenkoms om Afrikaans-onderwysers so deeglik moontlik op alle vlakke toe te rus,” het mnr. Gerdus Feris, visepresident van die PVATN, gesê.

Dié jaarlikse byeenkoms vir Afrikaans-onderwysers, wat vanjaar by die Safari-konferensiesentrum in Windhoek plaasgevind het, is bygewoon deur beide Afrikaanssprekendes wie se huistaal Afrikaans is, asook deur diegene wat nie Afrikaans tuis praat nie, maar wat Afrikaans aanbied.

Volgens Feris word gepoog om Afrikaans-onderwysers met die nuutste kennis toe te rus.

“Nie al die onderwysers is opgelei of is moedertaalsprekers nie. Hulle het dus ondersteuning nodig wanneer daar veranderinge is,” het hy gesê.

Volgens Feris is die kongres ’n bymekaarkomplek vir onderwysers om hul taalonderrigvaardighede te slyp.

Deelnemers, veral dié wie se moedertaal nie Afrikaans is nie, het gesê met die opleiding rus hulle met heelwat nuwe vaardighede toe.

Me. Monalisa Mushindi, ’n graad 5 Afrikaans-onderwyser by Laerskool Tutaleni op Walvisbaai, het die byeenkoms vir die eerste keer bygewoon en het gesê dit was insiggewend.

“Dit neem jou uit die duisternis na die lig,” het Mushindi gesê.

Dit is die vierde keer dat me. Jonely |Uises, ’n graad 9- en graad 10-onderwyser aan die Gekombineerde Skool Oshivelo, die kongres bywoon. Sy sê die kongres verbeter deurgaans en bied onderwysers die geleentheid om hul ervarings te deel.

“Die mense is baie behulpsaam - veral vir ons wat nie moedertaalsprekers is nie,” het |Uises gesê.

Dit is ook mnr. Timothy Isaacks van St. Therese Senior Sêkondere Skool op Tses se vierde bywoning van die kongres.

Hy voel die kongres is te kort.

“Ek sou daarvan hou as dit met ’n dag of twee verleng kon word,” het hy gesê.

Me. Sustertjie Groenewaldt is ’n graad 2-onderwyser aan die Laerskool Rehoboth en het gesê sy geniet dit wanneer leerlinge aan lesse deelneem.

Volgens prof. Herman Beyer, president van die PVATN, is die belangstelling wat in die byeenkoms getoon word ’n aanduiding dat daar met byeenkomste voortgegaan moet word.

“Onderwysers van die streekskantore woon ook byeenkomste by, en ek is bly oor dié belangstelling,” het hy gesê.

Beyer het voorts gesê hy is dankbaar vir die onderwysers se entoesiasme, maar die PVATN wil hulle nie langer as twee dae uit die klaskamers hou nie.

Twee dae is optimaal vir so ’n kongres, het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!