Afrikaans praat lekker by Woordfees

Ronelle Rademeyer
Die afgelope sowat tien dae is snare gepluk, letterkunde bespreek, drama­ opgevoer, gesing en voor­gedra, gedebatteer, gekook met eg Namibiese produkte, kruiepraatjies gehou en stories vertel ter viering van die vierde Windhoek Woordfees. Tydens Donderdagaand se Pluk-’n-Snaar-musiekkompetisie by The Document Warehouse is die groep Rockslet, met Carli Schickerling (links) en Tanja­ Wiese, aangewys­ as die wenner en het daarmee die prysgeld van N$10 000 gewen. Op die foto onder laat (van links) Lukas­ Hipondoka, Piet Heyns, Johan­ Wentzel­ en Shorty Beukes die gehoor skater om die Storievuur wat Saterdagaand by die Gondwana Shebeen aangebied is. Voor dié fees haar konsertrok van 2016 wegpak, word die Vlaams-Afrikaanse produksie van Liefdesbriewe nog Woensdag en Donderdag op onderskeidelik Reho­both en Swakopmund opgevoer.
Foto's André van Wyk

Kommentaar

Republikein 2025-04-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer